Walvisbaaise sakevrou sterf naby Langstrand
Otis Finck op Walvisbaai - 'n Gru-ongeluk Donderdagaand tussen Afrodite-strand en Langstrand het die lewe van 'n bekende sakevrou van Walvisbaai geëis.
Die 45-jarige me. Connie Waldeck Olivier, vrou van mnr. Poena Olivier, was die mede-eienaar van die onderneming Magic and Jumbo Discounters op die hawedorp.
"Die oorledene het van Walsvisbaai af teruggery na haar huis op Langstrand toe haar Toyota Prado 'n vragmotor getref het. Sy was alleen in die voertuig en haar naasbestaandes is in kennis gestel, waarna hulle die toneel besoek het," lui 'n verklaring deur die polisie.
Foto's toon die vragmotor en sleepwa het dwars oor die B2-pad gestaan toe Olivier daarin vasgery het. Dit is nie duidelik of die vragmotor geknipmes het en of die bestuurder besig was om 'n u-draai te maak nie.
Die polisie se ondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie