Walvisbaai reken met baas af
Die amptelike opposisie eis die kop van ’n munisipale grootkop weens beweerde korrupsie.
Adolf Kaure – Die Walvisbaai-munisipaliteit sê hy reken tans binnenshuis met sy bestuurskomitee se voorsitter, mnr. Samson Nghilumbwa, af.
Dié plaaslike owerheid het by monde van ’n woordvoerder, me. Caty Sheya, gesê hulle sal ’n verklaring uitreik sodra die tugondersoek afgehandel is.
Volgens haar is hulle bewus van onlangse berigte in hoofstroom- en sosiale media oor bewerings dat Nghilumbwa ’n kredietkaart van die munisipaliteit onregmatig gebruik het.
Sheya het gesê die saak word tans intern hanteer.
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) is na wat verneem word ook hard besig om agter die kap van die byl te kom oor hoe Nghilumbwa glo N$83 000 in vyf maande gespandeer het.
Die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het intussen by die koor van teenkanting teen beweerde korrupte gedrag by die Walvisbaai-munisipaliteit aangesluit.
Die PDM-streekkoördineerder in Erongo, mnr. Roger Nautoro, eis die raadslid se onmiddellike skorsing.
“Ons voel Nghilumbwa moet onthef word van enige verdere munisipale pligte om te verhoed dat hy met die ondersoek inmeng. Ons is van mening dat korrupsie die ekonomie ernstig bedreig en lamlê. Daarom beroep ons ons op die ACC en die lynministerie om dadelik ’n ondersoek van stapel te stuur.”
Die opposisieleier het eweneens ’n beroep op die tersaaklike owerhede gedoen om ander plaaslike owerhede ook vir korrupsie te fynkam.
“Ons hoop geregtigheid sal geskied in dié spesifieke saak en in ander soortgelyke sake wat in die toekoms onthul mag word.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie