Walvisbaai-karwasser agter tralies
'n Motorwasser van die kus is in die sop ná 'n ongeluk met 'n kliënt se spogmotor.
Denver Kisting
Die man wat Saterdag op Walvisbaai amok gesaai het toe hy met 'n kliënt se sportnutsvoertuig verskeie ander voertuie getref het, is in aanhouding.
Adj.komm. Erastus Iikuyu, die polisie se koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, het die man se inhegtenisneming bevestig.
Video's van die voorval, wat derduisende dollar se skade aangerig het, versprei steeds soos 'n veldbrand op sosialemediaplatforms.
Volgens Iikuyu sal die man vandag voor die landdroshof in dié hawestad gedaag word.
Die 21-jarige verdagte, wie se identiteit aan Republikein bekend is maar weerhou word tot sy hofverskyning, sal verskyn op 'n klag van roekelose en nalatige bestuur en een van bestuur sonder 'n rybewys.
Aanduidings is dat die man nugter was ten tye van die voorval waarin niemand ernstig beseer is nie.
Dié werknemer van 'n motorwassery op Walvisbaai is Saterdag reeds in hegtenis geneem.
Beeldmateriaal van die voorval, wat omstreeks 11:30 in die middedorp op die hoek van Rikumbi Kandangaweg en Hage Geingobrylaan plaasgevind het, toon hoe die nutsvoertuig agteruit ry en 'n bakkie en 'n sedan tref waarna dit vorentoe jaag en uiteindelik vasry in 'n pilaar by die vulstasie, waar die wassery geleë is.
Die bestuurder van die bakkie en die passasiers in die sedan, 'n taxi, het geringe beserings opgedoen.
Iikuyu het gister gesê die omvang van die skade aan die voertuie is nog nie bereken nie.
Intussen ondersoek die Erongopolisie 'n tweede saak van roekelose en nalatige bestuur.
Dít kom nadat 'n 48-jarige man Vrydag omstreeks 23:15 oor 'n sedan beheer verloor het op die Rooibank-grondpad, het Iikuyu voorts gesê.
Die voertuig het omgeslaan en twee passasiers is beseer. Albei vroue, van wie een ernstig beseer is, word in die Walvisbaai-staatshospitaal behandel.
Die bestuurder en drie ander manlike insittendes is ongedeerd.
In 'n ander voorval het 'n bakkie oor die naweek tussen Rehoboth en Windhoek uitgebrand.
Na wat verneem word, is niemand in dié voorval beseer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie