Wall Street tuimel na p-woord paniek laat klim
Wall Street tuimel na p-woord paniek laat klim

Wall Street tuimel na p-woord paniek laat klim

Gisteroggend vroeg was die rand op R16,46 wat sowat 1,5% swakker van sy sluiting is.
Nellie Brand-Jonker en Bloomberg – Pandemie. Dié woord het beleggers Woensdag behoorlik die ritteltits gegee op Wall Street toe die aandeelpryse in die chaos wat geheers het, ver en diep geval het.

Die paniek wat onder beleggers losgebars het, kon ook in die rand se wisselkoers gesien word toe dit naby die sluiting van die plaaslike aandeelbeurs van R16,14 tot R16,20 verswak het.

Gisteroggend (Donderdag) vroeg was die rand op R16,46 wat sowat 1,5% swakker van sy sluiting is.

Alle verwagtinge is dat die Suid-Afrikaanse mark, wat Woensdag net effens laer gesluit het, vandag hierdie skerp val van Wall Street kan volg.

Bloomberg het berig die bulmark op Wall Street het geëindig soos dit 11 jaar gelede ná die internasionale finansiële krisis begin het – in ’n chaos.

Die bekende Dow Jones-aandeelindeks is nou amptelik in ’n beermark gegrond op die val van 20% van sy onlangse rekordpunt.

Dit kom nadat dié aandeelindeks Woensdag amper 6% geval het.

Die bekende S&P 500-indeks het amper 5% geval.

Nasdaq, die beurs waarop groot tegnologie-aandele verhandel, het ook 4,7% laer gesluit.

Boonop dui termynkontrakte reeds vroegoggend aan dat beurse Donderdag verder gaan val.

Pres. Donald Trump van die VSA se aankondiging dat alle reise na en van Europa opgeskort is, het bygedra tot die volskaalse paniek en vlug na bates wat as veilige hawens beskou word.

Die jen het skerp geklim en Amerikaanse staatseffekte se opbrengskoerse het getuimel (’n teken van die vraag).

Europese termynkontrakte op aandele het in ’n stadium meer as 8% geval terwyl die kontrakte op die Dow Jones en Nasdaq verby hul daaglikse drempel geval het.

Boonop was beleggers nie beïndruk deur Trump se toespraak oor maatstawwe om die ekonomie te help nie.

Hy het bekend gemaak dat lenings vir klein ondernemings beskikbaar gestel gaan word en dat hy die Amerikaanse kongres gaan vra om belastingverligting aan te kondig – maar wat dit is, is nie bekend nie.

Die val van die Dow Jones na ’n beermark toe eindig die langste bulmark nog in die geskiedenis van Amerikaanse aandele.

Die olieprys het sy daling voortgesit weens die kommer dat die virus die vraag na olie gaan verlaag.

“Resessie-risiko’s styg en ons is nog nie naastenby by die punt waar dit ingeprys is nie,” het Sue Trinh, ’n makrostrateeg van Manulife Investment Management in Hongkong gesê.

“Al die oplossings wat deur die wêreldleiers gesien word, herinner aan die groot finansiële krisis.” Wat egter nodig is, is meer hulpbronne om die virus te bekamp, meen sy.

Tekens dat die maatskappye wat die swaarste getref is, besig is om hul kredietgeriewe te trek om die impak van die virus teen te werk, dra tot die angs by.

Beleggers bevraagteken ook die reaksie van die beleidmakers.

Bloomberg berig dat die stres ook toegeneem het in kredietmarkte waar maatskappye geld by beleggers leen.

Die leningskoste in Asië se dollar-skuldbriefmark het skerp geklim asook die pryse van die versekering wat uitgeneem word om beleggers teen wanbetaling te beskerm.

Die rand het ook vroegoggend meer as 1,5% teen die pond tot R21,07 en amper 2% teen die euro tot R18,58 verswak.

Die val in die JSE was genoeg om talle aandele weer tot hernude jaarlaagtepunte te stuur.

Sasol se aandeelprys tuimel steeds weens die impak van die olieprysoorlog wat Maandag afgeskop het. Sy aandeelprys het met 26% geval tot ’n hernude laagtepunt.

Ander aandeelpryse op ’n hernude laagtepunt is Famous rands, KAP, Rhodes, Telkom, Curro, MTN, Invicta en die lys gaan aan. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%