Wall Street juig oor Zuma se bedanking
Die vreugdevure op Wall Street (die New Yorkse aandelebeurs) het hoog gebrand toe handelaars gehoor het pres. Jacob Zuma het Woensdagaand bedank.
Zuma het die Amerikaanse markte die afgelope paar jaar mal gemaak weens kredietafgraderings, ekonomiese groei wat verlangsaam en verskeie skandale.
Die rand het kort nadat Zuma bedank het verstewig tot vlakke wat laas in Februarie 2015 gesien is.
“Hierdie is 'n baie groot verligting,” sê Shamaila Khan, direkteur vir ontluikende markte by AllianceBernstein.
“Instellings het vinnig agteruit gegaan.”
Adj. pres. Cyril Ramaphosa het met onmiddellike effek as waarnemende president oorgeneem.
Hy kan so vroeg as gister reeds as president ingehuldig word.
Khan sê Zuma se bedanking is “duidelik 'n positiewe verwikkeling.”
Hoewel die rand reeds in verwagting op Zuma se bedanking versterk het, voorspel sy die geldeenheid kan selfs nog verder versterk.
Ray Zucaro, beleggingshoof by RVX Batebestuur in Aventura, Florida sê hy is nou bereid om sy blootstelling aan Suid-Afrikaanse skuld te vergroot.
“Dit is waarvoor ek gewag het – om die land se skuld te koop,” sê hy.
“Zuma se moontlike bedanking het vir lank soos 'n pot sop gestaan en prut.”
Erik Nelson, 'n valutastrateeg by Wells Fargo, sê “daar was vir maande reeds die verwagting dat hy verwyder sal word.”
Hy sê optimisme is reeds in pryse ingereken nadat Ramaphosa as leier van die ANC verkies is.
“Daar is steeds groot uitdagings op die ekonomiese, fiskale en politieke front. Noudat Zuma weg is, is dit nie 'n wondermiddel nie,” sê hy.
Hy verwag die rand gaan aanhou verstewig veral met die dollar wat verswak.
Win Thin, hoof vir valutastrategie in ontluikende markte by Brown Brothers Harriman, sê Zuma se vertrek is reeds in pryse ingereken.
Hy waarsku dat die rand gister selfs kan verswak want beleggers het moontlik gekoop toe daar gerugte van sy bedanking was en verkoop nou dat dit 'n werklikheid is.
Hy sê geldeenhede van ontluikende markte wat verstewig, kan die rand help.– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie