WakaWaka maak lig
WakaWaka maak lig

WakaWaka maak lig

Tanja Bause
Tanja Bause

Die minister vir internasionale handel en nywerheid van die Nederlande, me. Lilianne Ploumen, het as deel van haar Namibiese besoek by Orange Babies Namibia in Otjomuise in Windhoek aangedoen.
Ploumen het hier WakaWaka Power-sonkraglampies uitgedeel. Die sonkraglampies en -herlaaiers is in Nederland ontwerp en vervaardig. Ná ’n dag in die son kan dit enige selfoon herlaai of tot 50 ure lig verskaf. Tydens Ploumen se besoek in Otjomuise is 250 van die lampies deur Orange Babies Namibia aan leerlinge uitgedeel. Die doel is om lig aan gemeenskappe te verskaf wat nie toegang tot elektri-siteit het nie en op die koop toe leerlinge te help om ná donker steeds hul huiswerk te kan doen.

Kommentaar

Republikein 2025-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer