Wag trek sneller, werkers getref
Wag trek sneller, werkers getref

Wag trek sneller, werkers getref

Ronelle Rademeyer
Klagte van poging tot moord en die nalatige hantering van ‘n vuurwapen word ondersoek nadat ‘n sekuriteitswag Vrydagmiddag na bewering ses konstruksiewerkers raakgeskiet het toe ‘n skoot uit sy vuurwapen afgegaan het.

Die voorval het omstreeks vieruur plaasgevind.

Volgens die polisie se misdaadverslag het die 23-jarige sekuriteitswag van Omeya Investments Security Company sy vuurwapen by die B1-diensstasie waar hy aan diens was, onskadelik probeer stel. Hy het glo per ongeluk die sneller getrek en die koeël het ses konstruksiewerkers getref wat verby hom geloop het. Een van die mans is in die gesig geskiet en het ernstige beserings opgedoen.

Die ander vyf is net lig beseer.

Volgens die misdaadverslag is die man in hegtenis geneem. Die polisie se ondersoek na die gebeure duur voort.

Kommentaar

Republikein 2025-05-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer