Wag die Skedelkus op Harry en sy bruid?

22 June 2018 | Toerisme
Des Erasmus - Prins Harry-koors teister die gebied tussen Hentiesbaai en die monding van die Kunenerivier op die noordgrens en die ooreenstemmende leeu- en renosterwêreld in die binneland.

Volgens een bron gister op Hentiesbaai is die koms van die prinsepaar van Sussex op hul wittebroodsreis nou ‘n uitgemaakte saak.

Dit gons van fluisteringe nadat ‘n konvooi van gepantserde voertuie van die Namibiese weermag Woensdag van Swakopmund deur Hentiesbaai noord na die Skedelkus beweeg het.

Op Hentiesbaai is by ‘n groot inkoopsentrum op die Suidduin stilgehou.

Volgens waarnemers was ‘n gereedheidsaksie ‘n algemene indruk met tot vyf van die voertuie wat deur ooggetuies beweer word.

Van Hentiesbaai is noord op die soutpad beweeg na ‘n onbekende bestemming noord van die Ugab-hekpos op die grens van die Skedelkuspark. Dit het gelei tot beweringe dat ‘n tydelike kamp in weelde by Torrabaai ingerig word.

Torrabaai is ‘n gewilde vakansiebestemming, maar is net in Desember en Januarie vir besoekers oop.

Dit lê ook naby ‘n geboude grondpad na die binneland deur ‘n hekpos bekend as Springbokwasser met Khorixas as eerste dorp.

Dit is ook ‘n belangrike aansluitingspad na renoster- en leeuwêreld, gebiede wat in die verlede al deur prins Harry besoek is.

Dit is ook die gebied waar dr. Flip Stander sy navorsingswerk met die beroemde leeuprojek doen.

Dinsdag was mnr. Francois Snijders, die owerste van die ministerie van die omgewing en toerisme se kusoorde, in die besonder Torrabaai en Terracebaai, op Swakopmund.

Hy het op straat aan Republikein gesê die gewilde Terracebaai is baie besig. Hy het dit toegeskryf aan boorwerk op see wat teen die middel van Augustus in ‘n oliekonsessiegebied 150 km wes van Terracebaai gaan begin. Die stygbaan by Terracebaai gaan glo deur die oliesoekers as basis gebruik word waar die boorbemannings gereeld omgeruil gaan word.

Op Hentiesbaai self was daar beweringe van mynwerkers van ‘n diamantmaatskappy teen die Kunenerivier wat met verpligte verlof van ‘n paar weke op die dorp aangekom het. Hul ontruiming van die gebied word nou vertolk as deel van die voorsorgaksie vir die besoek van die prinsepaar.

Die mynery lê noord van die Shipwreck, ‘n blinknuwe herberg waarvan die deure op 1 Junie oopgeswaai het. Shipwreck lê sowat 45 km noord van Möwebaai en Möwebaai lê sowat 80 km noord van Terracebaai. Noord van Möwebaai is dit viertrekwêreld.

Toegang na die herberg word streng beheer. Dit lê binne bereik van ‘n ongeskonde woestynparadys met groot waterpanne wat gevorm word waar strome in die dorsland ná ‘n goeie reënseisoen teen die duine vorm. In die fluisteringe word beweer dis die plek waar prins Harry en sy vrou Meghan die grootste deel van hul Namibiese reis gaan deurbring.

Op Hentiesbaai word beweer die tydelike opskorting van navorsing deur die ministerie van seevisserye by die mond van die Kunenerivier hou ook verband met die besoek deur die prinsepaar.

Beroepshengelaars neem ook aan die navorsing deel met visse wat gevang, gemerk en dan weer terug in die see geplaas word. Die tydelike opskorting van die navorsingsprojek word as ‘n besparignsmaatreël bestempel met reis- en verblyftoelae wat dan nie betaal word nie.

In die ooreenstemmende binneland is prins Harry danksy ‘n vorige besoek ook bekend met bewaarders van die Red die Renoster-projek.

Tydens ‘n vorige besoek het hy blykbaar onderneem om weer te kom.

LEEUMANNETJIE-PRINS

In die leeuwêreld loop ‘n leeumannetjie by name Prins. Aanvanklik was die plan om die mannetjie Harry te noem nadat hy in die teenwoordigheid van die prins ‘n nekband gekry het waarmee sy bewegings gemonitor word. Toe vasgestel is dat ‘n ander leeumannetjie reeds as Harry bekend is, is besluit om die mannetjie Prins te noem. Met die opsporingstoerusting kan Prins taamlik maklik vir ‘n herontmoeting met prins Harry bereik word.

‘n Algemene aanvaarding is dat die Rooikoplughawe by Walvisbaai vir die koms van die prinsepaar gebruik gaan word. Daarvandaan sal hulle waarskynlik per helikopter na Terracebaai en dan Torrabaai oorgeplaas word met Shipwreck volgende op hul reisplan.



Botswana gaan waarskynlik die ander Afrikaland op die wittebroodsreis wees met die egpaar wat op 9 Julie terug in Engeland moet wees.

Soortgelyk

 

COVID-19 in Namibia: Data round up 25 - 28...

29 minute gelede | Gesondheid

Current situation with official data by Thursday 28 May 2020 (showing changes since 24 May 2020) and prelimenary data announced this morning for yesterday.GENERAL INFORMATIONThe...

Geval 22: stabiel, steeds op ventilator

3 ure gelede | Gesondheid

Namibië se 22ste bevestigde Covid-19-geval, 'n 63-jarige man van die kus, is steeds aan 'n ventilator gekoppel. Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste...

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

1 dag gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

1 dag gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...