Waarskuwingskote stuit vermeende diewe
Waarskuwingskote stuit vermeende diewe

Waarskuwingskote stuit vermeende diewe

Francoise Steynberg
Vermeende diewe is vroeër vandag in Robert Mugabelaan naby Bank of Namibia in die hoofstad in hegtenis geneem nadat skote afgevuur is.


"Twee waarskuwingskote is afgevuur om 'n geïdentifseerde voertuig met vermeende diewe te stop. Die diewe is in hegtenis geneem. en niemand is tydens die voorval beseer nie," het die nasionale woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, gesê.

Sy het nie verdere inligting verskaf nie en die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer