Waarnemende regters aangewys
Die Regsdienskommissie het drie waarnemende regters aan die hoërhof aangewys.
Me. Eileen Rakow se tydperk as waarnemende regter begin vandag en duur tot 30 September vanjaar.
Rakow, wat tans bedryfsbestuurder in die kantoor van die ombudsman is, het al diens gedoen as aanklaer, landdros en staatsadvokaat.
Sy het ‘n B.Proc-graad aan die Universiteit van die Vrystaat in 1993 verwerf en in 2005 haar meestersgraad in regte (LLM) aan die Universiteit van Suid-Afrika. Sy is in 2009 tot die hoërhof as regspraktisyn toegelaat.
Mnr. Orben S. Sibeya se regsagtergrond sluit diens as aanklaer, staatsadvokaat en adjunk-aanklaer-generaal in. Sibeya is tans ‘n regspraktisyn in die private praktyk en is in 2008 tot die hoërhof as regspraktisyn toegelaat. Hy het sy B-Juris-graad in 1998 behaal en ‘n LLB-graad in 2000 aan die Universiteit van Namibië verwerf.
Mnr. Kaijata Kangueehi is as waarnemende regter vir die tydperk 1 Julie tot 9 November aangestel. Kangueehi het sy LLB-graad en ‘n nagraadse diploma in belastingreg aan die Universiteit van Kaapstad in onderskeidelik 1997 en 2002 behaal.
Kangueehi was ‘n aanklaer in 1998 en is tans ‘n regspraktisyn in private praktyk. Hy is in 2004 as regspraktisyn tot die hoërhof toegelaat. Intussen is mnr. E.P. Unengu en me. C.M. Claasen heraangestel as waarnemende regters van die hoërhof van 1 Julie tot 31 Desember vanjaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie