Waarheen?
MOEG GEVRA SKRYF:
Waarheen moet ons gaan as die kerk, wat veronderstel is om ons wonde te versorg, ons trane moet afdroog, na ons moet luister, onpartydig moet wees; openlik kant kies, ons pleidooie ignoreer, ook nie ons briewe waarin ons huil en kla, beantwoord nie?
Hartseer en pynlike dinge gebeur in die kerk van Christus. Bring jy klagtes waarin jy ‘n leraar aankla, daarvan gebeur daar mooi niks nie.
Is dit hoe die kerk van Christus gelei moet word? Is dit hoe die kerk van Christus moet wees?
Dinge word op ons afgedwing!
As daar twis tussen twee partye is en ‘n vergadering met die eerste party belê word, word daar klaar besluite geneem. By die tweede vergadering met die tweede party word hierdie besluite op hulle afgedwing.
Daar moet mos eers na almal geluister word en daarna eers ‘n besluit geneem word?
My punt is: as ek ‘n brief na die hoër gesag skryf, soek ek raad en hulp en ek verwag dat my brief (saak) aandag moet kry. Dit gebeur glad nie; ons word net ge-ignoreer.
Liewe leierskap, luister tog na almal en tree op teen almal. As ‘n leraar se klagtes gebring word, stel ‘n kommissie saam en ondersoek die klagtes. As daar klagtes is waarin ‘n ouderling betrokke is, doen dieselfde.
Waarheen moet ons ons klagtes neem as dit so aangaan?
Ons is nou in die derde maand van die nuwe jaar, maar ons hoor niks nie. Daar is duisende der duisende dinge wat gedoen moet word: koshuise moet aandag kry, salarisse van medewerkers moet aandag kry en daarvoor moet fondse gesoek word, net om ‘n paar op te noem.
Daar is ook nog mense wat aan die verlede vasklou en nie die strydbyle wil neersit nie, leuens word nog versprei, mense word versleg en daar is nog ‘n oorlog teen sekere mense. Waarheen moet ons gaan?
Corona kry ook die hele skuld. As daar mislukkings is, is dit as gevolg van Covid-19.
Hoekom moet dit so wees? Waarheen moet ons gaan?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie