Waarheen, Windhoek?
Skaars 19 maande ná mnr. Robert Kahimise se aanstelling is Namibië se hoofstad tydelik opnuut sonder 'n uitvoerende hoof.
Minstens tel die skorsingsperiode van drie maande as onbetaalde verlof – anders as waaraan Namibiërs gewoond is.
Inwoners van Windhoek, waarvan die polisiehoof ook steeds geskors is, en medeburgers hou asem op oor wat die speurtog gaan ontbloot, of dalk nie gaan uitgrawe nie.
Klaarblyklik vorm studiehulp aan Kahimise – die koste beloop volgens beriggewing wisselende sessyferbedrae – die kern van aantygings van beweerde ongerymdhede. Raadslede betrokke by besluite hieroor moet hulself in opdrag van minister Peya Mushelenga van enige beraadslagings oor die onderwerp verskoon.
Voor Kahimise sy pligte opgeneem het, was Windhoek vir twee en 'n half jaar sonder 'n CEO. Al in die tyd van mnr. Niilo Taapopi, wat in 2014 uitgetree het, was stadsake beroerd.
'n Spesiale paneel moes die nou geskorste CEO werf. Hy was die tweede aanspraakmaker op die kortlys.
Geldsake is 'n weerspieëling van die kaliber van politieke leiding, uitvoerende bestuur en senior personeel. En Windhoek dobber al lank in die bootjie van tegniese bankrotskap.
Politiek en administrasie gebaseer of etniese voorkeure en afkeure was boonop nog altyd 'n resep vir mislukking.
Hopelik kan die ondersoek in 'n baie korter tyd as drie maande afgehandel word. Al is die uitslag geen waarborg van regruk of redding nie.
O wee, Windhoek. . .
So sê ander
22 October 2018
Brazil's Sad Choice
Jair Bolsonaro is a right-wing Brazilian who holds repulsive views.
He is nostalgic for the generals and torturers who ran Brazil for 20 years. Next Sunday, in the second round of voting, Mr. Bolsonaro will most likely be elected president of Brazil.
He is the latest in long line of populists who have ridden a wave of discontent, frustration and desperation to the highest office in each of their countries. Not surprisingly, he is often described as a Brazilian Donald Trump.
Should he reach the presidential palace, one loser will be the environment, and specifically the Amazon rain forests, sometimes known as the lungs of the earth.
The choice is for Brazilians to make. But it is a sad day for democracy when disarray and disappointment drive voters to distraction and open the door to offensive, crude and thuggish populists.
• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie