Waarheen met ons jeug?
Dani Booysen - Wye reaksie is ontvang op onlangse beriggewing dat meer as 1 550 meisies in een jaar die skoolbanke moes verlaat omdat hul swanger geraak het.
Voeg hierby die skoknuus verlede week dat 'n 15-jarige seun van Otjiwarongo sy meisie in graad 9 agter hul skool tydens 'n nagtelike kombinasie van 'n mesaanval en 'n steniging vermoor het, en inwoners moet opnuut ernstig oor die toekoms bekommerd wees.
Volgens aanvanklike inligting was die slagoffer 12 jaar oud.
Die polisie se raad dat ouers hul kinders binneshuis moet hou, is makliker gesê as gedaan.
Die amptelike, beskikbare statistiek oor tienerswangerskappe dateer uit 2013 en is dus oud, asook nie noodwendig volledig nie. Die prentjie moet teen verlede jaar beslis erger gelyk het.
Misdaad deur kinders en die ontwrigting of selfs beëindiging van skoolloopbane weens jeugmisdaad en onbeplande of selfs geforseerde swangerskappe, spreek van groter probleme wat nie toegelaat mag word om bandeloos te gedy nie.
Hierdie werklikhede stel kritieke vrae oor die kwaliteit van opvoeding en die beskikbaarheid van ondersteuning – beide tuis en by die skool. By hoeveel skole is daar nog beraders met wie kinders kan gesels?
Die wêreld is nie perfek nie. Daar kan dus ook nie 'n perfekte bestaan vir kinders wees nie. Onbesonnenhede en tragedies gebeur.
Maar kinders verdien meer as volwassenes die reg op bystand en 'n goeie en waardige kans op sukses.
Die ongelukkige indruk is dat die staat se ingrypings nie regtig 'n verskil maak nie.
So sê ander
28 Augustus 2017
Sosiale media stel eise ook aan ouers én gemeenskap
Die onlangse “verdwyning” van 'n 13-jarige laerskoolmeisie van Brackenfell het weer talle komplekse vrae oor onder meer sosiale media en kinders se “geheime lewe” in die kuberruim aan die bod gebring.
Hoe privaat mag 'n kind se lewe wees? Kan kinders verkwalik word as hulle ontvlugting soek in die drogwêreld van sosiale media?
Ongelukkig besef kinders nie altyd dit hou geweldige risiko's eerder as vertroosting in nie.
Betrokkenheid by kinders se lewens en oop gesprekke – ook oor sosiale media – kan dien as 'n skans, al is dit nie noodwendig 'n waarborg teen uitbuiting nie.
Dié voorval het ongelukkig ook nóg 'n skadukant van sosiale media belig - 'n steniging in sosiale media.
Eerder as om te veroordeel en klippe te gooi, moet ons as gemeenskap dieper onder die indruk kom van ons almal se taak en verantwoordelikheid om veral die meer weerloses en kwesbares te beskerm en te ondersteun.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie