Waarheen dan?
Waarheen dan?

Waarheen dan?

[email protected]
Otis Daniels_Finck
Met ’n onlangse besoek aan die Narraville-klubhuis dwaal my gedagtes na my dae as ’n swerwer en bewoner van die strate in die stad Egoli.

Ja, die paaie in die baksteenoerwoud is wrintiewaar van goud gemaak. Hulle het die sand van die mynhope wat goudstof bevat daarvoor gebruik, het ek later ontdek.

Maar vir eers keer ons terug na die klubhuis in Narraville, waar die strate nog soutpaaie is.

Ek was nie by die klubhuis om na ’n rugbywedstryd van ons geliefde tuisspan Kudus op die “huis van pyn” te kom kyk nie.

Daar was ook nie ’n snoeker geskietery of veerpyltjie gooiery aan die gang nie.

Corona laat dit mos nie toe nie.

My besoek was genoodsaak deur die noodlot. ’n Groep mense is onlangs hulle woonplekke kwyt omdat hulle nie huurgeld kon betaal nie. Die munisipaliteit het die groep aan die hand gevat en vir hulle ’n tydelike heenkome in die klubhuis aangebied.

Buite brand ’n vuur in ’n halwe drom. Hier word nie gebraai nie, maar gekook en nader gestaan om hitte en beskutting teen die ysige koue weer en wind te kry.

Binne in die saal waar eens troues, danse en mondigwordings gevier is, is daar nou een groot slaapkamer. Etlike matrasse is gestrooi op die vloer.

’n Brakkie rek en strek terwyl sy eienaar met wasige oë die nietigheid instaar. “A penny for your thoughts,” flits dit verby my.

In een hoek is ’n tydelike kombuisie ingerig. Vroue skep op vir die groot familie.

Die kroegarea is nou ’n televisiekamer met ’n bedrywige groep kinders wat luidrugtig na cartoons kyk.

Die drankrakke is dolleeg en die toonbank is bepak met plastiekborde.

Die atmosfeer blyk stemmig, maar tog hang daar ook ’n mate van onsekerheid in die lug.

Stemtyd kom vinnig nader en die klubhuis is ’n stemlokaal.

Waarheen gaan die mense dan? wonder ons almal in stilswye saam.

Die toneel wat voor my afspeel is soos ’n nasmaak van my ondervindinge in Jozi en terselfdertyd ook ’n proesel van wat die toekoms vir baie in ons oase van geleenthede mag inhou.

Daar is met haas en oorgawe ingespring toe ’n vuur etlike sinkhuisies in Kuisebmond verswelg en honderde dakloos gelaat het.

’n Tentstad het in ’n oogwink op die rand van die Namib verrys.

Wat maak die situasie van die huislose wesens in ander dele van ons dorp verskillend?

Is dit anders omdat dit nie so sigbaar is nie? Of verkies ons die skille op ons oë?

Die noodlot vra of diskrimineer nie, dit gebeur.

Een van die baie lesse wat ek met my verblyf op die harde sypaadjies van Johannesburg geleer het, bly my by. Mens is mens, maak nie saak wie of wat jy is nie. Kyk verby die voorkoms. Alle harte pomp bloed.

Maar dit daar gelaat.

Wat het geword van die skakelhuise wat die munisipaliteit eens vir die inwoners gebou het? Daai huise staan nou nog, maar daar word net nie meer by gebou nie.

Dit was destyds die enigste manier hoe mense wat nie huise kon bekostig nie, hulle eie ou plekkie in die son kon bekom.

Een van die mooi dinge wat met die lelike apartheid se totnietmaking ook daarmee heen is.

Ja, tye bring veranderinge. Deesdae gaan kamp ons nie meer in tente nie. Ons woon nou in hulle.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.52 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.52 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 288.27/OZ DOWN -0.0153 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0101 | Zinc US$ 2 913.80/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 84.05/BBP DOWN -0.0029 | Platinum US$ 949.31/OZ DOWN -0.0065 Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.91 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.52 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.96 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.52 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 288.27/OZ DOWN -0.0153 | Copper US$ 4.49/lb DOWN -0.0101 | Zinc US$ 2 913.80/T UP 0.07% | Brent Crude Oil US$ 84.05/BBP DOWN -0.0029 | Platinum US$ 949.31/OZ DOWN -0.0065