Waardeer jou voorregte
Augetto Graig – Die onlangse uitlatings van ’n jeugdige Namibiese minister het my laat dink aan bevoorregting.
Ek is nog altyd bevoorreg, nie oor die kleur van my vel nie, al is ek lig van kleur, maar as ’n coloured het my blasheid my maar min in die sak gebring. Inteendeel, my bevoorregting kom van twee liefdevolle en hardwerkende ouers wat my as hul seun grootgemaak het.
My bevoorregting is te danke aan die opofferings wat hulle moes maak om vir my ’n goeie opvoeding te kon gee. Dis te danke aan my dapper kleinboetie op wie ek tot vandag toe nog trots is. Ek was bevoorreg genoeg om Namibië se onafhanklikwording te beleef, en om te kan droom oor wat Namibië nog eendag kan wees.
Tog sien ek hoe bevoorregting veroorsaak dat diegene wat bevoorreg is, se ingesteldheid daaroor verdraaid raak.
Ek hoor hoe politici minderbevoorregtes se swaarkry regverdig en dit daaraan toeskryf dat arm mense lui is, of hulle sê dié wat steel het ’n misdadige ingesteldheid, en enigiemand wat misluk, is in hul oë minderwaardig.
Nou hoekom het my bevoorregting my nie ook so laat dink nie?
Ek dink ek is al selfs langer bevoorreg as die meeste van dié wat tans in magsposisies is . . .
My afleiding is dat dit nie die bevoorregting self is wat so gevaarlik is nie, maar eerder die verlies aan die waardering daarvan, die aanvaarding van voorregte as vanselfsprekend, en die idee dat jy dit verdien.
Ek verdien nie my voorregte nie; nie my liefdevolle gesin nie, nie my vervullende loopbaan nie, nie my gesondheid nie en ook nie my sin vir humor nie. Ek verdien niks hiervan nie en dít is hoekom ek dit so waardeer.
Ek geniet dit, sien dit raak en probeer dit met ander deel.
Ek het niks gedoen om my bevoorregting te verdien nie. Net so verdien niemand dit om minderbevoorreg te wees nie.
Tog is baie Namibiërs minderbevoorreg. Dit is die werklikheid. Dit is die probleem met die Namibiese samelewing. Die droom was dat dié toedrag van sake in ’n onafhanklike Namibië moes verander. In plaas daarvan het die dromers verander.
Vandag is hulle niks beter as die monsters teen wie hulle so hard baklei het nie, omdat daardie selfde vegters vir vryheid, gelykheid en regverdigheid hulself daarvan oortuig het dat hulle hul bevoorregting verdien.
Hulle glo die minderbevoorregtes is minderwaardig en verdien nie dieselfde voorregte as hulle nie. Dit is presies dieselfde houding as dié van die voormalige verdrukkers.
Ongeag die werklikheid, en omdat nie een van ons uiteindelik rekenskap van ’n ander kan gee nie, wil ek die volgende as vermaning en aanmoediging met julle deel:
Waardeer al jou voorregte, selfs die kleinste. Moet hulle nie as vanselfsprekend aanvaar nie. Moet nie aanneem jy verdien dit nie.
Waardeer dit só dat jy ’n bron van inspirasie en selfs ’n voorreg vir jou mede-Namibiërs kan wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie