Waardeer jou ouers
Yandi du Plessis – My pa het onlangs ’n effense ongeluk gehad. Hy het homself des dinges geval in die bokkraal en sy kop teen ’n stomp oopgesny.
Terwyl ons buurvrou, ’n oudverpleegster, die sny toewerk, het my ma weer omgekap.
Ek sou dalk ook, as ek dit moes sien.
Hy’s oukei, maar kom ons sê maar net die hare gaan nie op ’n sekere deel van sy kop teruggroei nie.
In elk geval, toe my ma my bel en sê my pa het seergekry, het ek nog steeds groot geskrik. Ek het gewonder of my ouers sou weet hoe baie ek hulle waardeer as hulle iets sou oorkom.
As kinders besef ons nie werklik wat hulle alles vir ons doen en opoffer nie. Op ’n sekere tienerstadium wil party mos niks met hul ouers uit te waai hê nie.
Wanneer jy egter uit die huis is en na jouself moet omsien, is dit ’n ander storie.
Ek onthou baie duidelik die keer toe ek as eerstejaarstudent my ma moes vra hoe om rys gaar te maak, want ek het nie ’n idee gehad hoe nie. Ek weet dit laat my seker soos ’n idioot klink, maar die punt is dat ek vroeër nie regtig veel gehad het om oor bekommerd te wees nie. Ek het ná skool by die huis gekom en my kos was op die tafel (ja, ek was in die koshuis, maar my ouers het steeds daarvoor betaal).
Jy hoef jou nie oor simpel goed te bekommer soos die toiletpapier, skottelgoedseep of swartsakke wat min raak nie. En definitief nie oor jou kinders se skool- of universiteitskoste (wat jy later besef is ’n kleinhuisie vol geld), of hoe jy ’n gesin moet voed nie. Die lys gaan aan.
Ek het op 22 steeds die drang om my ma te vra om my afsprake by die dokter of die haarkapper vír my te maak. In my studentejare sou ek eers half dood wees voor ek wel die moed bymekaar geskraap het om self die foon op te tel.
Wanneer ek wel in die wagkamer sit en een of ander vorm moet invul, verlang ek na die dae toe my ma dit vir my sou doen. Só ook as ek wasgoed was of my groceries vir die maand moet koop.
My ouers se opinie beteken vir my meer as enige iemand anders s’n. Tegnies gesproke is ek nou ’n grootmens wat my eie besluite moet maak, maar ek kan steeds nie ’n paar skoene koop sonder om my ma se insette te vra nie.
Ek sal nie aandele in enige iets koop sonder om eers te hoor wat my pa daarvan dink nie. Hulle sal nooit ophou om jou ouers te wees nie, maak nie saak hóé oud jy word nie.
As ek nou sien hoe tieners ’n stink houding het, wil ek hulle nekke omdraai. Ja, ek was seker ook daar. Maar ek was ’n maklike tiener, al moet ek dit nou self sê.
Jy mag dalk dink jou ouers suck oor hulle nie vir jou ’n nuwe selfoon wil koop nie, maar as die dag kom wanneer jy dit self moet koop, sal jy ook twee keer dink.
Waardeer jou ouers. As jy hulle nie kan wys nie, sê hulle ten minste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie