Waar liefde heers, kom naweekspyt nooit te laat
Des Erasmus - Danksy jare van voor- en teëspoed het Rika haar Hans-man leer ken en hom soos die palm van haar hand gelees. Dit soms sonder om te praat. Daarom het sy met sy stilhouslag in die poskar by die voorhekkie geweet hy's knorrig. Die masjien het nog sy laaste sluk en hoes gegee toe is hy al uit.
Sou sy nog getwyfel het oor haar afleiding, het dit soos wolke in ’n droogtejaar met sy inkomslag verdwyn. Die velhoed met die sweetstreep bokant die band het soos ’n vlieër op die rusbank beland. Hy het net een van sy stofskoene op die deurmatjie afgevryf. Alles sonder ’n woord.
“Wat skort?” Met die vraag staal sy haar teen die volgende aflewering van die aarde se dors in ’n reënlose jaar.
Eweneens het Hans geweet wanneer hy oor brulgrond beweeg. Daarom steek hy sommer met ’n verskonende verduideliking in.
“Het gou die veeposte en die grensdrade nagery,” sê Hans terwyl hy na die tweede koffie van die oggend verneem.
“En dit op ’n Dinsdag,” kom Rika se sê-vraag. “Gewoonlik ry jy Vader Cloete se rondte op ’n Donderdag.”
Hans voel die gesprek bly lastig, maar die stemtoon is sagter soos ’n koeler briesie wat deur die hitte van die oomblik trek.
“Dinsdag ja,” sê Hans. “Al die bure verkondig nou al weke dat hulle die vakansienaweek ’n bietjie gaan uitbreek see toe. Daarom het ek die grensdrade nagery.”
“En?” So sê-vra Rika weer.
“Alles reg,” raak Hans al hoe meer spraaksaam. “By die veepos het die suidwestewind die swart pompie só gedryf dat die tenk vol is. Genoeg water vir dae met die veewagter wat in die nabyklowe na die laaste grassies vir hul bokke en beeste soek. Het sommer hul rantsoene ook uitgery, hoewel dit normaalweg Donderdag se goed is. Alles lyk reg.”
Dan gaan hy aan: “Daar by die kruispad kry ek buurman Boetie. Bakkie gepak met ook ’n sleepwaentjie aan. Hele span bymekaar. Hulle waai nogal vir my. En ek waai maar met so ’n slap handjie terug.
“En ons? Hier sit ons nou vir die naweek sonder kind of kraai. Sit soos Piet Snot. Kleinhans is Voortrekkers toe Swakop toe. Klein Fai is saam met ’n maatjie Henties toe en Rikus ry baaisiekel van Wlotzka Henties toe. En ons twee? Hier sit ons asof ons die droogte van ons agterstoep kan breek.
“Net soms . . .”
“Soms wat?” val Rika Hans ligdriftig in sy rede.
Hans gee totaal oor.
“Net soms wonder ek of ek reg was toe ek in ons worsteling om plaasoorlewing al ’n maand of wat terug gesê het ons bly die naweek net hier by die huis. As rede het ek die elemente aangevoer met ’n belofte van volgende jaar as ’n verdowingspilletjie. Maar nou is dit te laat. Dis water onder die brug deur. Verlede week al het die nuus gekom dat Hentiesbaai in sy feesgewaad vol, voller, volste is.”
Dan gee hy so ’n lang sug. “Ek is jammer. Daar's nie meer plek nie.”
Rika vat sy harde boerehande vas in hare. Om haar mond speel so ’n skelm glimlag soos die Saterdagmiddag onder haar bruidsluier uit. “Niks is ooit te laat nie.”
“Wat jy meen te sê,” soek Hans antwoorde op haar raaisel.
“Blyplek is nie ’n probleem nie,” sê Rika. “Ek het al sowat twee maande gelede daai bungalowtjie bespreek waarvan jy so baie hou. Net gister nog het ek gebel en die verhuurder sê die saak is reg.”
“Maar is ons reg?” So blaas Hans sy aftog. “Ek het so ’n dag of twee terug in die skuur gekyk of ons strandsambreel, toeklaprooster en ander goed nog daar is. Alles is weg en . . .”
“G’n weg nie,” sê Rika. “Alles al dae gelede in die buitekamer gepak net vir die laai. Dan ry ons môre. Die kinders sal ook bly wees. ”
Hans sit sy hande op haar skouers terwyl hy diep kyk. Nou's dit liefde wat vars uit hom rol.
“Nie môre nie, sommer nou.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie