Waar is Shaldon?
Waar is Shaldon?

Waar is Shaldon?

Henriette Lamprecht
'n Inwoner van ­Khomasdal in Windhoek word sedert Maart vermis, maar pogings deur familie en vriende om hom op te spoor, het vier maande later steeds niks opgelewer nie. Die 27-jarige Shaldon Janzer het op 5 Maart omstreeks 14:00 uit Irisweg, erf 3694, in Khomasdal vermis geraak.

Janzer is Afrikaanssprekend, maar is ook Engels ten volle magtig, is ligbruin in gelaat, slank gebou en het kort, swart hare. Hy is die laaste keer naby sy huis in ­Khomasdal gewaar en was geklee in 'n wit oortrektrui met 'n kappie, blou jeans en swart All Stars-­tekkies. Janzer of ­enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan sy ma, me. Valencia Nimrod, by 081 377 0982 kontak of 'n e-pos aan [email protected] stuur. Speursersant Nambili kan ook by 081 124 8724 gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2025-05-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer