Waagkapitaal-bedryf had stewige 2016
Die onsekerheid oor die ekonomie en die politiek het nie in 2016 beleggings in ongenoteerde maatskappye in die wiele gery nie.
Nellie Brand-Jonker - Volgens Erika van der Merwe, uitvoerende hoof van die Suider-Afrikaanse Vereniging van Waagkapitaal en Private Ekwiteit (Savca), het die waagkapitaalbedryf 'n goeie jaar agter die rug.
Volgens haar het die gemiddelde waarde van transaksies tussen US$250 miljoen en US$300 miljoen beloop.
Dit stem ooreen met wat in 2015 gesien is.
Van der Merwe sê dit is egter steeds heelwat minder as die groot transaksies van voor die internasionale finansiële krisis van 2008 toe die gemiddelde waarde US$585 miljoen was.
Savca se inligting toon in die eerste drie kwartale het 140 transaksies in Afrika plaasgevind.
'n Derde van die transaksies was in Suid-Afrika terwyl Nigerië, Kenia en Namibië ook baie transaksies gelok het.
In Kenia word 'n toename in hierdie transaksies ondervind omdat wetgewing onlangs verander het sodat plaaslike beleggingsinstellings tot 10% van hul geld in private ekwiteit mag belê.
Die transaksies het wydverspreid in verskillende sektore voorgekom, maar meestal in die nywerheidsektor, landbou, tegnologie, gesondheidsorg, opvoeding en verbruikersgoedere en -dienste.
Volgens Brian Dennehy, direkteur van Webber Wentzel, is in 2016 'n groter tendens gesien om veilings te hou vir die verkoop van belange in maatskappye wat waagkapitaalfinansiering soek.
“Dit toon dat die mededinging vir bates van hoë gehalte toeneem,” sê hy.
Hy sê vir die verkopers is veilings voordelig omdat dit die kanse op 'n beter prys verhoog. Dit kan ongelukkig tot 'n uitgerekte proses lei.
Volgens Nicole Paige, 'n vennoot van Webber Wentzel, kan daar dalk nog noterings deur maatskappye volg wat private ekwiteitsfondse bestuur.
Dit is fondse waarin beleggers kan belê, wat dan waagkapitaal aan private ondernemings verskaf.
Beleggers beskou private ekwiteit as 'n alternatiewe bateklas om 'n opbrengs te verdien.
Ethos Capital het in Augustus laasjaar op die JSE genoteer.
Volgens Paige verskaf die notering aan beleggers die geleentheid om blootstelling te kry aan 'n verskeidenheid kleiner maatskappye waarin die fondse belê is wat deur Ethos Private Equity bestuur word.
“Daar is toenemende belangstelling van ander private ekwiteitsfondsbestuurders en beleggingsbeheermaatskappye om soortgelyke transaksies te doen. Sodoende kan 'n alternatiewe bron van kapitaal gekry word van beleggers wat meer likiditeit vereis,” sê Paige.
Van der Merwe sê alle aanduidings is dat die bedryf vanjaar ook 'n goeie jaar gaan beleef.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie