• Tuisblad
  • Sake
  • W Meyer Optometrists: Klaus Hübner handig leisels oor
W Meyer Optometrists: Klaus Hu00fcbner handig leisels oor
W Meyer Optometrists: Klaus Hu00fcbner handig leisels oor

W Meyer Optometrists: Klaus Hübner handig leisels oor

As jy in Namibië op soek is na maatskappye wat meer as 100 jaar oud is, moet jy moeite doen, want Namibië het nog nie lank genoeg Westerse handelstradisies gevolg nie.

Maar daar is ook diegene wat 'n bietjie ouer is: dit sluit die besigheid W Meyer Optometrists in wat sedert 1906 die plaas­like bevolking met visuele hulpmiddels ondersteun.

Wilhelm Meyer het die besigheid begin as 'n juwelier wat ook as 'n oogkundige gewerk het. In 1933-1934 het A.G.J. Hübner as meesterhorlosiemaker, oogkundige en gemoloog die besigheid oorgeneem. Sy seun Klaus W.F. Hübner het in die sewentigerjare by die besigheid aangesluit.

“Ek is nou al 45 jaar by die ­besigheid ­betrokke,” sê Klaus Hübner half verbaas. As jong man het hy sy opleiding in 1977 aan die City University in Londen, ­Engeland, voltooi. Sy pa het aan dieselfde skool ­gestudeer en die opleiding was in daardie jare steeds as een van die mees gevorderde oogkundige opleidingsgeleenthede beskou.

Vanaf 1977 het Klaus die besigheid se fokus na gespesialiseerde en professionele optometrie verskuif. Hy het nie net op 'n omvattende diens staatgemaak nie, maar homself toenemend as die modernste besigheid van die soort in Namibië gevestig.

Hy is tereg trots op hierdie prestasie en glo steeds hy het die tendense voortgesit deur voortdurende hernuwing en modernisering.

“Maar nou is dit tyd om nuwe mense aan die stuur te sit. Ons het nog altyd jongmense opgelei en glo daarin om die beroep te bevorder, maar ek dink dit is tyd dat die besigheid nou aan my bekwame vennote oorgedra word”, het Klaus Hübner onlangs aan Namibia Media Holdings (NMH) gesê en die twee toekomstige eienaars bekend gestel: Roy Hermanus en Arne Schmid.

Roy Hermanus meen: “Ons sal die besigheid presies soos voorheen bestuur en bedank Klaus vir die vertroue wat hy in ons stel.”

Roy is self al 30 jaar by die onderneming betrokke en sy jong vennoot Arne glo vas daaraan om die ou tradisies voort te sit en die diens voortdurend by die nuutste ontwikkeling en moderne dienspraktyke aan te pas. Dié familiebesigheid is reeds sedert 1 Oktober in nuwe hande, maar bly steeds presies dit: 'n familiebesigheid waar die kliënt eerste gestel word.

Kommentaar

Republikein 2025-05-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer