Vyf vrae oor kriptogeld beantwoord
Heelwat vrae word gevra oor kriptogeldeenhede soos bitcoin met baie instansies wat skrikkerig is om daarin te belê.
Die wêreld is aan die gons oor kriptogeldeenhede soos bitcoin en ethereum. Finansiële raadgewers meen dit is uiters spekulatief en lande soos China begin nou 'n stokkie steek voor verhandeling daarin.
Theo Bohnen, blokkettingontwikkelaar by The Foundry, 'n afdeling van Rand Merchant Bank, verduidelik presies wat kriptogeldeenhede is, hoe dit werk en gee raad as mense dit sou oorweeg om daarvan aan te skaf.
1. Wat is 'n blokketting?
“Alle kriptogeldeenhede soos bitcoin en ethereum maak van blokkettingtegnologie gebruik. Elke kriptogeldeenheid het sy eie blokketting. “Blokketting” is dus nie 'n platform nie. Dit is eerder die proses waar daar met kriptogeldeenhede verhandel word. Blokkettings kan nie gewysig word nie.
“Blokkettings gebruik 'n gedesentraliseerde netwerk van rekenaars om bewys van eienaarskap en transaksies geldig te verklaar. Alle transaksies word in blokke gepak wat dan aan die ketting gelas word. Die ketting kan nie vernietig of gewysig word nie, omdat dit deur 'n horde onafhanklike rekenaars wêreldwyd gekontroleer word,” sê Bohnen.
Blokkettingtegnologie kan vir geldeenhede, aandele en slimkontrakte gebruik word.
“Baie van die blokkettings, byvoorbeeld bitcoin, se kode is gratis en vryelik beskikbaar,” verduidelik Bohnen. Die kode per blokketting is anders, jy kan daaraan dink as dieselfde as enige ander program se kode.
2. Só werk kriptogeldeenhede met blokkettings
Bitcoin is die bekendste en grootste in terme van mark kapitalisasie, gevolg deur ethereum.
“Daar bestaan egter reeds meer as 1 000 van dié geldeenhede,” sê Bohnen.
In die geval van bitcoin word daar elke 10 minute 12,5 nuwe munte “gemyn” en by die ketting gelas.
“Elke vier jaar word die hoeveelheid munte egter weer gehalveer. Die verwagting is dat daar 'n tyd gaan kom waar nuwe munte nie meer gemyn gaan word nie. Dit is dus 'n deflasionêre geldeenheid,” verduidelik hy.
Kriptogeldeenhede kan by verhandelaars gekoop word.
“Die geldeenheid verlaat egter nooit die ketting nie, maar die koper ontvang bewys van besit in 'n digitale beursie. Die eienaar kan die geldeenheid in 'n 'private' beursie stoor.
“Dit kan as belegging gebruik word om later weer vir 'n tradisionele geldeenheid te verkoop of om vir iets te betaal. Geldeenhede soos bitcoin word reeds wyd aanvaar en stelsels soos Payfast aanvaar dit reeds,” sê Bohnen.
Daar kan in dele van kriptogeldeenhede verhandel word. Die “wisselkoers” van die geldeenhede verskil van land tot land en is nie wêreldwyd dieselfde nie. Dit is merendeels weens die aantal kopers en verkopers in die land en teen wat hulle bereid is om dit vir te koop en te verkoop.
“Ek sal in die stadium na bitcoin as 'n bate verwys. Dit geld egter nie noodwendig vir alle kriptogeld nie.
“Daar is baie kriptogeldeenhede wat taamlik goed vaar as 'n geldeenheid, want hul prys is meer stabiel oor die kort termyn. Hul netwerkfooi is minder en die tyd wat dit vat om deur die netwerk geldig verklaar te word, is vinniger. Litecoin en selfs ethereum is goeie voorbeelde hiervan.”
'n Mens kan kriptogeld op verskeie maniere “koop”. Die algemeenste manier is om van gewone elektroniese bankdienste gebruik te maak om 'n handelaar te betaal waarna die aanlyn beursie geskep word en die hoeveelheid kriptogeld wat bekom is, aangedui word.
“Jy kan egter selfs 'n persoon kontant betaal en hy/sy kan dan die kriptogeld aanlyn na jou beursie oordra,” sê Bohnen.
3. Hoekom is banke bekommerd oor blokketting en kriptogeld?
“Blokkettingtegnologie keer die manier hoe ons tot dusver met geld gewerk het, onderstebo.
“Banke maak hul geld juis deur transaksie- en rekeningfooie te vra. Buiten vir klein administrasiefooie, is daar nie verdere fooie by blokketting betrokke nie. As mense gaan kies om eerder al hul geld te skuif na geldeenhede wat blokketting gebruik, gaan banke daardie inkomste verloor.”
Bohnen sê egter hy dink nie banke sal binnekort hul deure hoef toe te maak nie.
“Net soos wat ek nie nou R1 miljoen onder my matras gaan wegsteek nie, sal ek dit ook nie in kriptogeld belê nie.
“Ek het kriptogeld en is baie opgewonde daaroor, maar dit is steeds baie spekulatief.
“Omdat dit gedesentraliseer is, is daar nie 'n instansie soos 'n bank daaragter wat jou belegging waarborg nie.
“In dié stadium sal ek groter bedrae eerder in tradisionele beleggings en rekeninge hou,” sê hy.
Banke kan egter blokkettingtegnologie tot hul voordeel gebruik.
“Omdat die ketting nie vernietig of gewysig kan word nie, kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank saam met alle Suid-Afrikaanse banke dus 'n private ketting skep om alle transaksies tussen hulle te hanteer. Dit beteken daar dan 'n akkurate rekord van alle transaksies tussen hulle wees wat tans net met groot moeite en ingewikkelde prosesse opgestel kan word.”
4. Wat het blokketting met aandelebeurse te doen?
Blokkettingtegnologie maak dit moontlik om aandele met behulp van slimkontrakte te koop.
Bohnen sê aandele sal dus op dieselfde manier in 'n kettingformaat met enige geldeenheid – insluitende kriptogeld – gekoop kan word sonder dat die transaksie naby 'n aandelebeurs kom.
Vinny Lingham, stigter van Civic.com en medestigter van die nieregeringsorganisasie SiliconCape het in September gesê hy voorsien maatskappye sal mettertyd hul aandele met behulp van blokkettingtegnologie beskikbaar maak pleks van om op 'n tradisionele aandelebeurs te noteer.
Maatskappye sal volgens Bohnen nie net aandele nie, maar ook byvoorbeeld hul dienste só kan verkoop.
“Slimkontrakte gee aan kliënte 'n bewys dat hulle vir 'n diens of produk betaal het. Hulle kan dié bewys dan gebruik om dit van die maatskappy te verkry, of kan dit selfs weer aan iemand anders verkoop. Daar is dus geweldig baie moontlikhede met die gebruik van blokketting.”
5. Word die tegnologie gereguleer?
Tans word blokkettingtegnologie glad nie gereguleer nie. Die Chinese regering het in September besluit om sekere transaksies in kriptogeld te verbied juis in 'n poging om beter beheer daaroor te kry.
“Regerings kyk beslis na hoe die tegnologie gereguleer kan word. Dit is nou so nuut hulle weet nog nie regtig waarmee hulle te doen het nie,” sê Bohnen.
“Dit sal tyd neem voor hulle met behoorlike beleid na vore sal kan kom.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie