Vyf vas vir gewapende roof
Misdaad
Henriette Lamprecht
Vyf mans is agter tralies ná ’n gewapende roof op ’n plaas vroeër vandeesweek buite Tsumeb.
Die vyf mans, Paulus Shikongo (35), Timoteus Nangolo (33), Tulinanye Shikongo (37), Patrick Shikomba (27) en Simeon Endjala (38) het volgens die koördineerder van misdaadondersoeke vir die Oshikotostreek, adj.komm. Naomi Katjiua, gister in die landdroshof op die dorp verskyn.
Die mans het na bewering Dinsdag omstreeks 12:00 die rooftog op die Namfo-plaas, sowat 5 km buite Tsumeb op die Tsintsabis-pad uitgevoer. Die vyf mans wat met ’n pistool gewapen was, het ’n werknemer van die plaas met die pistool aangehou en ’n geldkas en slimfone gebuit. Die verdagtes is deur lede van die Namibiese polisie en met die hulp van Rubicon Security en lede van die plaaslike buurtwag vasgetrek.
Die geldkas, selfone en die pistool is in die mans se wegkomvoertuig gevind. Beslag is gelê op die geldkas met N$75 109, ’n Ruger-pistool en twee slimfone, sowel as die voertuig.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie