Vyf sterftes, 235 nuwe gevalle, nog 356 mense ingeënt
Die Covid-19-verwante sterftes styg met vyf - 3 in Windhoek, 2 in Keetmanshoop - tot 528, 235 nuwe gevalle is vandag aangemeld en nog 356 mense is teen Covid-19 ingeënt. Uit die 235 nuwe gevalle is 83 leerlinge, 13 onderwysers en vyf gesondheidswerkers. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 926 waarvan 152 in die hospitaal en 33 in die ICU is.
Uit die 356 mense wat ingeënt is, was 213 in Khomas en 143 in Erongo. Die totaal staan nou op 1 857. Tans is 1 450 mense in kwarantyn, 4 227 kontakte word gemonitor en nog 62 mense het herstel.
Uit die 356 mense wat ingeënt is, was 213 in Khomas en 143 in Erongo. Die totaal staan nou op 1 857. Tans is 1 450 mense in kwarantyn, 4 227 kontakte word gemonitor en nog 62 mense het herstel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie