Vyf sterftes, 178 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg met vyf tot 3 431. Gister is 178 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 10,6%. Dit sluit 88 leerlinge, sewe onderwysers, sewe studente en vier gesondheidswerkers in. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 520 waarvan 159 in die hospitaal en 19 in die ICU is. Tot op hede het 228 555 people een dosis entstof ontvang, terwyl 137 777 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 96%.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie