Vyf sterftes, 154 nuwe gevalle
Vyf nuwe Covid-19-verwante sterftes, een elk in onderskeidelik Walvisbaai, Windhoek, Grootfontein (16-jarige meisie), Keetmanshoop en Okongo, het die totaal op 411 te staan gebring. Vandag is 154 nuwe gevalle aangekondig, waarvan 69 leerlinge en drie onderwysers is.
Nog 146 mense het herstel wat die totaal op 35 419 en 'n herstelkoers van 93% te staan bring. Die aktiewe gevalle staan op 2 058 waarvan 146 in die hospitaal en 15 in die ICU is. In Khomas is 51 in die hospitaal en 13 in die ICU, terwyl Erongo 23 in die hospitaal en een in ICU en //Kharas 18 in die hospitaal het.
Tot op hede is 295 402 weefselmonsters getoets, 3 858 kontakte word gemonitor en 1 777 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie