Vyf nuwe reekse, twee nuwe seisoene kom op Via
Pierre van Pletzen, Frank Opperman, Gretha Brazelle, Mareli Visser en Dana Snyman is van die name wat in Via (DStv-kanaal 147) se nuwe reeks in Junie te sien is.
Dié nuwe reekse sluit die volgende in:
* Gretha Brazelle, aktrise en radiopersoonlikheid, is lief vir ougoed.
Sy snuffel kopies uit op die Tuinroete en elke eerste Saterdag van die maand kyk sy op Grootbrakrivier se mark of haar aankope ’n hoër bod kry as wat sy betaal het.
Die snuffelsmous begin op Maandag 5 Junie om 17:30 en word herhaal op Saterdae om 17:30.
* Mareli Visser, boervrou en wenner van kykNET se eerste Koekedoor-kompetisie, keer terug na die skerms met haar eie kookprogram.
In haar huis bak sy koeke saam met haar gunstelingdorpenaars.
Die koektannie word van 6 Junie af elke Dinsdag om 18:30 uitgesaai en word vanaf 10 Junie elke Saterdag om 12:00 herhaal.
* In Kom ons trou, nou! beplan ’n vrou elke week haar troue agter haar aanstaande se rug en daag hom dan in haar trourok uit met ’n huweliksaanbod.
As hy ja sê, word daar dadelik getrou. Die reeks begin op Donderdag 8 Junie om 20:30. Herhalings word van 10 Junie af elke Saterdag om 20:00 uitgesaai.
* Die akteurs Pierre van Pletzen en Frank Opperman se droom is om ’n rockgroep te begin.
Hierdie reeks volg hul reis op soek na die res van die orkeslede, die skep van die musiek en hul voorbereiding vir hul eerste groot optrede.
Die ooms se band begin op Vrydag 9 Junie om 20:00 en word van 10 Junie af elke Saterdag om 19:00 herhaal.
* Niks sal onder die mat ingevee word in Skoon nie. Die aanbieders, Mariska Basson en Carmen-May Claydon-Fink Wessels, omskep die vuilste en deurmekaarste huise in pragstukke.
Skoon word van Dinsdag 20 Junie af elke week om 21:00 uitgesaai en word van 25 Junie af Sondae om 22:30 herhaal.
* Twee Via-reekse wat nuwe seisoene kry, is Troutrane en Op pad met Dana.
In Troutrane herleef paartjies die goeie en slegte van hul troudag terwyl hulle na hul trouvideo kyk.
Dit begin op Donderdag 8 Junie om 20:00.
In Op pad met Dana keer Dana Snyman, joernalis en skrywer, terug met sy fyn waarnemings oor ons land en sy mense.
Seisoen drie begin Woensdag 14 Junie om 20:00.
-Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie