Vyf lande stuur hul heel bestes
Vyf lande stuur hul heel bestes

Vyf lande stuur hul heel bestes

Veerpyle
Andrew Poolman
Die Streek 5-kampioenskap in veerpyltjies begin vandag by Windhoek se skouterrein met die deelname van vyf besoekende lande.
Die akkuraatste veerpyltjiegooiers van Suid-Afrika, Zimbabwe, Botswana, Lesotho, Malawi en die gasheerland Namibië sal mekaar die stryd aansê.
Die kompetisie word in mans- en vrouekategorieë vir seniors, juniors en veterane beslis.
Die Namibiese span van 28 spelers bestaan uit nege mans, agt vroue, vyf juniors en ses veterane.
Toe die tweejaarlikse kampioenskap in 2014 in Zimbabwe gehou is, het dié land die algehele Streek 5-titel ingepalm.
Aan die Namibiese kant het spelers soos Ralph Ludwig (senior mans), Melissa Reed, Franklin Moller en Virgil Bester (jeugafdeling), Annelise van Brakel (senior vroue) en Lena Sowden (veterane) twee jaar gelede met medaljes uit Zimbabwe teruggekeer.
Borge soos die Namibiese Sportkommissie, Baard Transport, die Namibië Brouerye, Embassy Bottle Store, Suide Distributors, NovaNam, Walvis Bay Troll, Evelyne Witte en Seal Products het tot die aanbieding van die kampioenskap in Windhoek bygedra.
Vandag begin die kompetisie om 15:00 (mans en vroue ope pare- en enkelspel). Môre is die­ ­openingseremonie om 16:00, gevolg deur ’n vergadering van spanbestuurders.
Donderdag en Vrydag is twee groot kompetisiedae vanaf 09:00 tot laataand.

Kommentaar

Republikein 2025-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer