Vyf familielede vermoedelik met pik vermoor
Ronelle Rademeyer - Die polisie op Rundu is tans in die Ndama-woonbuurt op ‘n moordtoneel waar die lyke van vyf lede van ‘n familie, onder wie drie kinders, vanoggend gevind is.
Adj.komm. Bonifatius Kanyetu, die koördineerder van misdaadondersoeke in Kavango-Wes, het die voorval pas bevestig en gesê weinig is nog bekend oor die grusame familiemoord wat tussen gister en vanoggend plaasgevind het.
Wat hy wel kon bevestig, is dat ‘n man vermoedelik op die vlug geslaan het nadat hy na bewering sy ouma, sy ma en sy suster se drie seuns vermoor.
’n Pik is op die toneel gevind en die vermoede bestaan dat dit die moordwapen was, het Kanyetu by navraag aan Republikein gesê.
“Ons is besig met die ondersoek en die soektog na die verdagte. Baie min inligting kan in hierdie stadium bekend gemaak word,” was Kanyetu se woorde.
“Ek moet ook nog die generaal (polisiehoof lt.genl. Sebastian Ndeitungu) inlig,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie