Vurige fietsers en 'n muggie
Björn Bassler het dié indrukwekkende foto van 'n Kanadese motorfietsgroep geneem wat in Namibië gekuier het. Die eienaar van die Helmeringhausen-hotel en -gasteplaas sê hulle is bekend onder motorfietsgroepe en -toeriste. “Aangesien ek self 'n 'biker' is en motorfietstoere deur Namibië begelei, het ek 'n sagte plekkie vir hulle.” Die foto, wat in die Helmeringhausen -omgewing geneem is, het sowat drie ure geneem om vas te lê. “Ons het vier Go Pro-kameras op my muggietuig en van die motorfietsryers se valhelms laat monteer. Een kamera is op 'n driepoot voor alles gesit om foto's van voor af te neem. Só het ons om en by 'n honderd foto's en videomateriaal gekry. Hierdie foto was my gunsteling,” sê Björn.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie