Vunipola plaas homself in virus-kwarantyn
Rugby
Die Engelse stut Mako Vunipola het homself in kwarantyn geplaas as voorsorg vir die koronavirus en sal dus nie meer Saterdag in die Sesnasies-rugbyreeks teen Wallis te staan kom nie.
Vunipola is Maandag in die groep van 34 spelers ingesluit, maar die Engelse Rugbyunie (RFU) het gesê hy is nie deel van die oefenkamp nie nadat hy via Hongkong gereis het met sy terugkeer uit Tonga oor die naweek.
“Maku is weens mediese redes nie deel van die groep nie,” het ’n woordvoerder van die RFU gesê.
“Hy is nie siek nie, maar daar word voorsorg getref.”
Vunipola het Engeland se sege oor Ierland op 23 Februarie misgeloop nadat hy vir familiesake Tonga toe moes vlieg.
Sy terugvlug het hom egter via die virus-getrefde Hongkong geneem.
Hy het glo geen simptome van die siekte getoon nie, maar hy is veiligheidshalwe nie in die Engelse groep toegelaat nie.
Reisigers wat terugkeer van areas wat die ergste deur die virus geraak word, word gevra om hulself in kwarantyn te plaas. Hulle moet vir 14 dae in afsondering tuis bly.
Hy sal dus ook die Engelse se laaste wedstryd teen Italië in Rome op 14 Maart misloop. – BBC Sport, Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie