VSA spaar water
Die Amerikaanse ambassade in Windhoek het in meelewing met Namibië en die ernstige droogte wat die land ondervind, sy eie waterbesparingsmaatreëls ingestel. By die huis van die Amerikaanse ambassadeur, mnr. Thomas F. Daughton, is die swembad toegegooi en is begin met die uitleg van ’n tuin met inheemse plante wat ekonomies met water is. Daughton sê die besparingsmaatreëls is ingestel oral in die ambassade en by al die wonings wat Amerika in Windhoek besit waar personeel van die ambassade woon. Tot dusver het die ambassade daarin geslaag om byna 70 persent van sy waterverbruik te besnoei. Foto Estelle de Bruyn
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie