VSA erken skuld aan tientalle sterftes

Die Irakse regering gaan sy aanvalle tydelik staak in 'n gebied van Mosoel wat deur die Islamitiese Staat (IS) beheer word.
Henriette Lamprecht
Die Amerikaanse weermag het Saterdag bevestig 'n koalisie wat deur die VSA gelei is, het vroeër vandeesmaand lugaanvalle uitgevoer in 'n gebied van Mosoel in Irak wat deur die terreurgroep die Islamitiese Staat (IS) beheer word.

Tientalle burgerlikes het na wat berig word in die aanval gesterf en talle ander is beseer. Die voorval het op 17 Maart plaasgevind. Die aankondiging volg op 'n besluit van die Irakse regering vroeër Saterdag om sy aanslag teen die IS in dieselfde deel van Mosoel tydelik te staak. Die hoë aantal burgerlike sterftes in die gebied is as rede aangevoer.

Die Verenigde Nasies het sy kommer oor die sterftesyfer ná die Amerikaanse aanval uitgespreek, en gesê hy is “geskok”. Die Amerikaanse Central Command, wat toesig hou oor operasies in die Midde-Ooste, het bevestig die Amerikaanse weermag het op versoek van die Irakse regering IS-teikens aangeval “op dieselfde plek waar die burgerlike sterftes glo voorgekom het”. Brig. Mohammed al-Djawhari, Irakse hoof van burgerlike beskerming, het Donderdag bevestig reddingswerkers het toe reeds meer as 40 lyke in die puin gevind. Hoekom daar geboue in dié hoogs bevolkte gebied ineengestort het, is nie duidelik nie, maar volgens ooggetuies het die lugaanvalle moontlik 'n IS-vragmotor vol plofstof getref en laat ontplof.

Die speaker van die Irakse parlement, Salim al-Djaboeri, het in 'n verklaring gesê: “Wat in die westelike deel van Mosoel gebeur, is baie ernstig en kan onder geen omstandighede geduld word nie.”

Daar is nog sowat 600 000 burgers in die IS-beheerde deel van Mosoel, wat die regering se aanvalstaktiek bemoeilik, maar ook 'n politieke tameletjie is: Die regering, wat deur Sjiitie­se Moslems beheer word, wil nie die mense van die stad, wat hoofsaaklik aan die Soenni-Moslemgroep behoort, vervreem nie.

Inwoners van Mosoel wat daar ontsnap het, vertel van talle gevalle waar geboue al tydens lugaanvalle in die slag gebly het en mense dood is.

Hulle sê ook rebelle skroom nie om burgerlikes as menslike skilde te gebruik nie.

Volgens die VSA het die hoë burgerlike sterftesyfer in die onlangse aanval hulle genoop om hul aanvalstaktiek te heroorweeg. Alle militêre operasies is tydelik gestaak.

Pogings om die IS uit Mosoel te dryf duur reeds ses maande en het reeds die hele oostelike deel van die stad aan die regering terugbesorg, asook 'n deel van die res.

In die afgelope twee weke het dit egter moeiliker geraak omdat gevegte na die nou strate van die ou stadsgebied geskuif het.

Dit is hier waar die al-Nuri-moskee is waar die IS-leier, Aboe Bakr al-­Baghdadi, sy aanval op Irak en Sirië in 2014 afgekondig het.

“Ons moet seker maak dat daar nie onnodige slagoffers is in ons aanvalle teen die IS nie. Ons moet presiese teikens hê wanneer ons aanval,” het 'n woordvoerder van die Amerikaanse weermag gesê.

Die mense wat uit Mosoel ontsnap het, het ook vertel van die haglike omstandighede waarin mense daar moet leef. Daar is geen lopende water of elektrisiteit nie en daar is ook geen vars kos nie.

Luidens 'n menseregtegroep, die Iraqi Observatory for Human Rights, is byna 700 burgers sedert 19 ­Februarie in die gebied dood.

Die groep meen militante gebruik motorbomme en skerpskutters en neem mense se huise tydens die gevegte oor, wat beteken baie mense beland in die spervuur.

– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.36 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.36 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.35/OZ DOWN -0.0094 | Copper US$ 4.74/lb UP +2.81% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.91/BBP UP +1.07% | Platinum US$ 1 000.74/OZ UP +0.76% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.36 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.36 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13541.33 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25381.25 Up +0.90% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.35/OZ DOWN -0.0094 | Copper US$ 4.74/lb UP +2.81% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 83.91/BBP UP +1.07% | Platinum US$ 1 000.74/OZ UP +0.76%