VSA-boere: Stop invoer van beesvleis uit Namibië

Vrese oor bek-en-klouseer kring uit
22 February 2021 | Landbou
Ronelle Rademeyer
Veeboere in die VSA het Vrydag 'n beroep op die Amerikaanse regering gedoen om dadelik die invoer van beesvleis uit Namibië te verbied.
Die vereniging vir veeboere in Amerika, United States Cattlemen's Association (USCA), het die versoek gerig uit vrees dat die uitbreking van bek-en-klouseer (BKS) noord van die veterinêre kordonheining (rooilyn), ook 'n impak kan hê op vleis wat suid van die rooilyn verbou word. Hierdie boerderygebiede word deur die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) as bek-en-klouseer vry geklassifiseer.
Meatco het presies 'n jaar gelede die eerste besending kommersiële beesvleis tariefvry onder die Amerikaanse wet op groei en geleenthede in Afrika (Agoa), na die hawe van Philadelphia uitgevoer.
Dit was nadat verskeie oudits sedert 2016 gedoen is om te bepaal of Namibië aan die Amerikaanse gesondheids- en veiligheidsprotokolle voldoen.
Talle beesvleismonsters moes vir verskillende laboratoriumtoetse na die VSA gestuur word om te verseker dat alle veiligheidsaspekte nagekom word.
Geen ander land in Afrika kon dit nog regkry om beesvleis na dié mark uit te voer nie.
Die ontsluiting van hierdie reuseverbruikersmark maak dit vir Namibiese produsente moontlik om teen 2025 altesaam 5 700 ton ontbeende beesvleis na Amerika uit te voer.
Mnr. Brooke Miller, die president van USCA, het Vrydag in 'n verklaring gesê beesvleis uit Namibië kan vanweë die uitbreking noord van die rooilyn, Amerika se dieregesondheidstatus in gedrang bring.
Die vrees heers ondanks die feit dat Meatco nié vleis uit die NCA na die VSA uitvoer nie.
Nietemin meen die USCA dit is onaanvaarbaar om beesvleis in te voer uit gebiede wat grens aan die buffersone tussen die geraakte gebiede, en die gebiede suid van die rooilyn wat vry is van bek-en-klouseer.
Die vereniging wys in sy verklaring daarop dat olifante die kordonheining beskadig en dat wild wat met bek-en-klouseer besmet is, deur die stukkende heinings na die suidelike boerderygebiede kan beweeg.
Miller sê 'n uitbreking van bek-en-klouseer in die VSA, wat al vir 100 jaar vry van dié siekte is, kan tot verliese van US$10 miljard ly.
Mnr. Desmond Cloete, hoofbemarkingsbeampte by die Vleisraad van Namibië, sê die huidige uitbreking van bek-en-klouseer in streke noord van die rooilyn toon die direktoraat veeartsenydienste (DVS) en die vleisbedryf moet saam 'n proaktiewe langtermynstrategie ontwikkel.
Hy sê dit is nodig aangesien daar nie 'n fisieke grensheining tussen Namibië en Angola is nie.
Die siekte het uit dié buurland suidwaarts versprei.
Die Vleisraad en die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) werk die afgelope weke hard saam met DVS om die kordonheining te herstel, sê Cloete.
In minder as twee maande is herstelwerk oor 'n afstand van 616 km vanaf die Oshivelo-hek tot by die Namapanne-hek naby die grens met Botswana gedoen. Daarbenewens is 'n private kontrakteur aangestel om die 130 km lange heining tussen Tsumkwe en Gam te herstel, en die Vleisraad en LPO gaan ook die heining vanaf die Ombika-hek weswaarts tot by die Werda-hek herstel.
Mnr. Thinus Pretorius, voorsitter van die LPO, het intussen gister gesê dit is “kritiek belangrik” om die doel en funksie van die rooilyn in perspektief te plaas.
“Die laaste bek-en-klouseer-uitbreking suid van die veterinêre kordonheining was in 1963. Gedurende die afgelope 59 jaar was daar feitlik jaarliks gevalle van noord en oos daarvan gerapporteer.
“Danksy toegewyde aandag en sorg kon DVS en almal wat hulle onverpoos bystaan, daarin slaag om die integriteit van die dieregesondheidstatus suid van die rooilyn te verseker. Daar is beslis groot uitdagings, maar so was daar die afgelope 59 jaar.”
Hy maan dat allerlei gissing in die sosiale media oor die bedreigings onomkeerbare skade aan die rooivleisbedryf kan doen.
Die Vleisraad help tans ook met die inenting teen bek-en-klouseer in die gebiede waar die uitbreking voorkom, sê Cloete.
[email protected]

Soortgelyk
Vrou woon in haar motor by hospitaal
7 ure gelede | Mense
Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker
7 ure gelede | Vervoer
Ses damme voller as 100%
7 ure gelede | Weer
Weer vir 24 Februarie
7 ure gelede | Weer
'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'
7 ure gelede | Byvoegsels
Hof kry Heritage Health voor stok
7 ure gelede | Gesondheid
'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'
7 ure gelede | Onderwys
#Indigiwalk Namibia in die pyplyn
7 ure gelede |
‘Geen personeel betrokke by stropery’
7 ure gelede | Ministeries
Kleinadvertensies