Vrywilligers wil begraafplaas tot ou glorie herstel
Tanja Bause - ’n Groot ou boom moes Woensdag by die Gammamsbegraafplaas in Windhoek die knie teen die wind buig. Geen grafte is egter beskadig nie.
“Dit is nou ’n uitstekende bewys van ’n boom wat nie versorg is nie en baie lanklaas water gekry het. Ons praat nie eens van gesnoei nie, dit is een van die redes waarom ons begin het om die begraafplaas skoon te maak,” sê mnr. Daantjie Louw.
Louw en mnr. Klaus Linow het saam met vier tot vyf helpers meer as ’n maand gelede begin om die ou gedeelte van die begraafplaas skoon te maak. Bome is gesnoei, gras en onkruid is uitgetrek, terwyl ook tussen die grafte skoongemaak is. ’n Onderneming het ’n tuinslang van 60 meter geskenk waarmee die bome, struike en blomme natgelei word.
“Dit is noodsaaklik dat die plante nou water kry om hulle aan die lewe te hou. Sodoende is dit reg vir die groei- en herstelfase as die eerste reëns kom,” het Louw gesê. Plante wat nog lewe, word net met semi-gesuiwerde water natgelei. Volgens hom is daar egter nog baie werk en word die hulp van veral opgeleide en gekwalifiseerde tuinboukundiges benodig.
Ook is geldelike ondersteuning nodig om werkers se lone te betaal en vir oggend- en middagetes te sorg, asook vir petrol om vullis wat versamel word, weg te neem.
“Tot dusver het ons 30 ton vullis, boomstompe, takke, onkruid en rommel weggery en ons is nog ver van klaar,” het Louw gesê.
Me. Grace Standler (86) is een van die vrywilligers wat daagliks vir die werkers kos en koeldrank bring en ook self inspring om te help.
“Eens op ’n tyd was die begraafplaas die mooiste in die Suidelike Halfrond en die tweede mooiste in die wêreld, maar dit is ’n vergane eeu. Nou wil ons dit net skoon en netjies maak, dit sal nooit weer daardie status kry nie. Ons kan dit egter mooi maak en miskien weer soos in die verlede dit ’n mooi park maak wat almal kan geniet,” het Louw gesê. Die waterstelsel by die begraafplaas werk volgens Louw nie, terwyl die krane ook lek. Waterpype lê oral rond en is nie behoorlik gekoppel nie. Waterpoele is oral tussen grafte en in die paadjies tussen die grafte sigbaar. Rommel lê ook oral gestrooi.
“Mense kom maak hul familie se grafte skoon en netjies, dan los hulle die rommel net so, wie moet dit wegry?” Mense wat wil help, kan mnr. Louw by 081 128 2846 of mnr. Klaus Linow by 081 248 6700 skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie