Vrywilligers speel klaar met slaggate
Tanja Bause – Vrywilligers het gister skouer aan die wiel gesit om talle slaggate in die hoofstad te herstel.
Ds. Fourie van den Berg van die NG Eros-gemeente het onlangs 'n beroep in die sosiale media gedoen vir vrywilligers om aan te meld en te help met die herstelwerk wat ná die reënseisoen vereis word.
Gister het drie spanne met die begeleiding van werknemers van die Windhoekse munisipaliteit in Eros begin werk. Volgens Van den Berg was die munisipaliteit dankbaar vir die hulp en stuur hulle twee van hul werknemers saam vir gehaltebeheer en toesighouding.
Mnr. Gabriel Fuma sê: “Ons is gevra of ons wil help en natuurlik het ons ja gesê. Namibië is tans in die eerste posisie in Afrika met ons strate wat in so 'n goeie toestand is en ons wil dit graag so hou. As ons ons paaie help onderhou, sal Namibië nommer een in Afrika bly.”
Sy werkgewer het gesê vir die volgende vyf dae sal vyf werknemers kom help – op 'n vrywillige grondslag, in hul vrye tyd.
“Ons het nie net pret nie, maar ons leer sommer nog 'n vaardigheid aan,” het Fuma gesê.
Mnr. Veron Carstens sê hy het die pleidooi van ds. Van den Berg gehoor.
“Ek het besluit om te kom help sodat die werk vinniger kan klaar kom, want daar is baie gate.”
Mnr. Peterstone Thapalo het ook op die dominee se versoek vir vrywilligers gereageer.
“Ek is 'n pendelaar en doen 'n beroep op almal wat 'n voertuig besit om te help om 'n verskil te maak. Dit is ons stad en ons paaie en hulle moet die beste paaie wees vir voertuie om op te ry.”
Van den Berg sê: “Ek is verras deur mense se gewilligheid om te help.”
Die span op die foto het uit vyf werknemers van Joe's Beerhouse, twee mans van die gemeenskap en twee lede van die Eros-gemeente bestaan. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie