Vrystaat voor sterker, agter groener vir Pumas
Rugby
Johann de Jager – Die Vrystaat-Cheetahs het 'n paar van hul eerstekeuse-voorspelers terug vir hul Curriebeker-rugbywedstryd teen die Pumas vanmiddag in Bloemfontein.
Die tuisspan se welslae sal allig bepaal word deur sy vermoë om die omgekrapte agttal van die Pumas in toom te hou.
Losvoorspelers soos die agtsteman Aidon Davis en die flank Jeandré Rudolph, sowel as die haker Marnus van der Merwe, is weer beskikbaar en kan 'n groot sê in die uitslag vir die Vrystaters hê.
Hulle moes egter 'n hele nuwe voorry kies.
Altesaam 17 spelers van die Cheetahs se gekontrakteerde groep is dié keer weens Covid-19-redes en beserings nie beskikbaar nie.
Die span sal opdraf met nege veranderinge aan die een wat twee weke gelede teen Griekwas verloor het.
Die Vrystaat se kaptein, Ruan Pienaar, wys daarop dat hulle dié keer 'n hele paar veranderinge in die agterlyn moes maak.
“Teen Griekwas was die meeste van ons voorspelers nie beskikbaar nie, en hierdie week het ons weer 'n taamlike jong en nuwe agterlyn.”
Drie spelers in die agterlyn – die losskakel Brandon Thomson en die nuwe senterpaar Lesley Botha en Siya Masuku – maak hul Curriebeker-buiging in 'n Vrystaat-trui.
Pienaar hoop die paar jongelinge wat nou speelkans kry, sal dit benut.
Hy gee toe hulle het met al die ontwrigting 'n bietjie geskarrel die laaste paar weke en erken daar wag 'n strawwe toets op hulle.
“Ek dink die Pumas speel tans goeie rugby. Ek dink hulle was ongelukkig om nie ook die wedstryd op Loftus teen die Blou Bulle te gewen het nie. Ons weet dit gaan 'n moeilike wedstryd wees.”
Hy sê hulle is nietemin dankbaar om weer te kan speel nadat hul vorige wedstryd teen die Bulle gekanselleer is en hoop ook om nou 'n bietjie bestendigheid te kan kry deur 'n paar wedstryde ná mekaar sonder ontwrigting te kan speel.
Dis nie aldag dat die Pumas as die oorweldigende gunstelinge in Bloemfontein aankom nie.
Die feit dat hulle reeds twee wedstryde in die reeks gewen het, is nie die enigste rede hiervoor nie – hul spelers speel al 'n goeie ruk saam, wat hulle 'n gevestigde eenheid maak.
As die Vrystaters egter net so 'n sterk wil het om te wen soos Griekwas vandeesweek teen die Westelike Provinsie gewys het, wag 'n interessante tweestryd.
• Vrystaat-Cheetahs: Clayton Blommetjies, Duncan Saal, Lesley Botha, Siya Masuku, Cohen Jasper, Brandon Thomson, Ruan Pienaar (k), Aidon Davis, Jacques Potgieter, Jeandré Rudolph, Jean Droste, Rynier Bernardo, Hencus van Wyk, Marnus van der Merwe, Aluluthu Tshakweni.
Reserwes: Louis van der Westhuizen, Schalk Ferreira, Conraad van Vuuren, Victor Sekekete, Junior Pokomela, Mihlali Mosi, Zinedine Booysen, Malcolm Jaer.
Skeidsregter: Cwengile Jadezweni. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie