Vrugtekoeke almal se trots op Outjo
Ouers, onderwysers en kinders vat elke jaar hande om die skool op te hef.
Tanja Bause – Hoe weet die mense van Outjo dat Kersfees om die draai is? Hulle kry die reuk van vars gebakte vrugtekoeke wat uit die Bakgat-bakkery se kombuis kom.
Die Privaatskool Moria op Outjo het in 1996 met 'n vrugtekoekprojek begin om fondse in te samel.
Vanjaar – 25 jaar later – staan ouers, onderwysers en leerlinge weer in die bakkery, druk besig om dié gesogte koeke te bak.
In 1996 is “slegs” 600 koeke in die Matthys Greef-ouetehuis se kombuis gebak.
Vanjaar het die skool in hul eie bakkery, Bakgat, 1 462 klein en 1 996 groot vrugtekoeke en een drielaagtroukoek gebak.
Hulle het 680 kg koekmeel, 500 kg suiker, 500 kg dadels, 220 liter eierpulp, 330 kg neute, 1 190 kg rosyne, 170 kg kersies, 275 kg botter, 22 kg speserye en 407 bottels brandewyn vir die koeke verwerk.
Altesame 4 565 m lint, 1 000 m papier en 500 m sellofaan is vir die verpakking gebruik. In vergelyking is net 15 kg botter en 96 bottels brandewyn in die eerste jaar gebruik.
Ouers, onderwysers en leerlinge is by Moria se vrugtekoekprojek betrokke en almal bring hul kant om die projek vir die afgelope 24 jaar 'n sukses te maak.
Me. Magdel Pretorius, 'n ma en die projekleier, verduidelik al die betrokkenes is in groepe verdeel. Die eerste groep doen die voorbereidingswerk.
“Alles word voor die tyd geknip, geweeg en kleiner verpak. Dit word gedoen voordat met die koeke begin word. Die kookspan bestaan uit twee ma's wat die vrugtekoeke bak. Die bakspan is gewoonlik agt tot 12 vroue wat die deeg aanmaak, in die panne skep en afweeg. Die hoof van die bakspan en twee mans, wat die helpers is, sit die panne in die oond.
“Gemiddeld 182 koeke word per dag gebak,” het sy gesê.
Die volgende groep is die uithaalspan wat ook uit twee vroue en dalk nog 'n hoërskoolleerling bestaan en weer twee mans as helpers.
“Die koeke word uit die oond gehaal en getoets of hulle gaar is. Die koeke wat nog 'n paar minute in die oond nodig het, word teruggesit en die ander kry hulle eerste sopie brandewyn.”
Wanneer die koeke afgekoel het, kom die uitgooispan aan die beurt.
“Dié span bestaan uit tot tien tot 12 mammas, 'n paar onderwysers en tussen ses en tien leerlinge. Die ouers keer die koeke uit die panne uit en draai hulle versigtig toe om uitdroging te voorkom. Die kinders skraap die panne skoon vir die volgende dag se gebruik. Die ander ma's en die onderwysers vou weer skoon papiere in die panne vir die volgende dag.”
Die laaste span werk soggens tussen 06:00 en 08:00 wanneer die koeke weer brandewyninspuitings kry en dan toegedraai, verfraai en verpak word. Al hierdie prosesse word elke dag herhaal totdat die 3 458 koeke vir die jaar gebak is.
“Outjo se werkgewers is hierdie projek ongelooflik goedgesind. Dis vier weke waar werkgewers bereid is om 'n paar minute van werkstyd af te staan vir 'n mamma wat of bietjie laat inkom as die toedraaiproses langer neem, of vroeër moet loop om te help om die koeke uit te keer.
“Sonder ons ouers, ons gemeenskap en ons borge kan ons dié projek nie aanpak nie. Dit is vier weke van harde werk en so in die Bakgat word nuwe vriendskappe gesmee; die onsigbare gom wat ons as skoolgemeenskap bymekaar hou weer te smeer. Dit is 'n projek om finansies te help klop, maar dit is vir seker ook 'n hartsprojek,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie