Vrouespan van drie maak geskiedenis in Kaap Verde
Vrouespan blink uit in drie-aan-'n-kant spel.
Tielman van Lill - 'n Namibiese vrouespan in drie-aan-'n-kant strandbasketbal het vanaf 14 Junie tot Sondag op die eiland Sal, Kaap Verde, aan die eerste Afrika-strandspele deelgeneem en boonop 'n vierde plek losgeslaan.
Gie Mukumbuta, Fiina Namwaapo, Victoria Netumbo en Sylvia Sawahenga het geskiedenis gemaak toe hulle die eerste senior nasionale vrouespan geword het wat Namibië by die geskiedkundige spele teen sewe lande verteenwoordig het.
Die spele het vir elf sportsoorte voorsiening gemaak wat atletiek, basketbal, handbal, roei, sokker, vrystyl sokker, tennis, vlugbal, karate, vlieërbranderry en oopwaterswem ingesluit het.
Die plaaslike skilpadkarakter Kretxeu was die gelukbringer vir die nagenoeg 1 000 atlete van 54 lande wat aan die heel eerste kontinentale strandspele deelgeneem het.
GOUD VIR MALI
Die Namibiese vroue het sewe wedstryde gespeel, waarvan hulle drie gewen het om 78 ligapunte in te samel. Ongelukkig moes die Namibiërs die knie teen Nigerië buig, wat aan Nigerië die derde posisie met 90 verskaf het.
Togo met 98 was tweede, terwyl Mali se 114 aan hom die goud besorg het.
Mali het ook die mansafdeling met 101 oorheers, terwyl Algerië tweede (105) en Ivoorkus (95) derde geplaas is.
Gie Mukumbuta, een van die spanlede, was opgewnde oor Namibië se deelname.
“Ek en my spanmaats het baie geleer tydens hierdie besoek. Die spel is heeltemal anders as basketbal wat op 'n baan gespeel word.
“Ons hoop dat Namibië in die toekoms meer aan kompetisies soos dié kan deelneem.”
Die span kon met die hulp van die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee en die Namibiese Basketbalfederasie (NBF) aan die spele in Kaap Verde deelneem.
Daar word gehoop dat die NBF met die volgende spele beide 'n vroue- en manspan sal kan stuur.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie