Vrouespan onder nuwe afrigter
Krieket
Die reis wat Krieket Namibië aangepak het om die sport landswyd te laat groei, sluit ook meisies- en vrouekrieket in.
Die beheerliggaam het die aanstelling van Francois van der Merwe as hoofafrigter van die nasionale vrouespan bekend gemaak, ’n paar dae nadat hy die kwarantyntydperk ná sy aankoms uit Suid-Afrika uitgedien het.
Die 44-jarige Van der Merwe, gebore in Kempton Park, het Noordwes op provinsiale vlak in alle ouderdomsvlakke verteenwoordig. Hy het in 1996 senior eendagkrieket begin speel en sy eersterangse debuut as regterarm- mediumsnelbouler in 2000 vir die Noordwes Drake gemaak.
As professionele krieketspeler het Van der Merwe tussen 1997 en 2009 in verskeie klubligas in Brittanje gespeel.
Sy loopbaan as afrigter het in 2011 begin toe hy as hoofafrigter van die Noordwes Drake se vrouespan aangestel is. Hy het die volgende jaar sy vlak 3-sertifikaat as afrigter van Krieket Suid-Afrika verwerf.
Sy termyn van agt jaar met die Drake-vrouespan was heel suksesvol en het altesame agt trofeë in eendag- en T20-krieket ingesluit. Een van die hoogtepunte was toe die span die 2018-’19-provinsiale seisoen onoorwonne afgesluit het en as die nasionale kampioenspan in 50-beurtkrieket bekroon is.
Die jaar 2018 was vir Van der Merwe ’n bedrywige een. Hy was hoofafrigter van die Ontluikende Suid-Afrika XI in ’n driehoekige reeks teen Engeland en Australië.
Hy het ook as afrigter by Suid-Afrika se nasionale vrouekrieketakademie by die Sportsentrum vir Uitmuntendheid in Pretoria opgetree.
Van der Merwe sê sy strewe as nuwe hoofafrigter van die Namibiese vroue is om die sport in elke streek van die land onder meisies en vroue te bevorder.
“Ons moet die struktuur opstel om in elke ouderdomsgroep ’n pyplyn van spelers te hê wat uiteindelik as voedingsbron vir die nasionale span dien.
“Die visie vir die nasionale vrouespan is om vir al die groot toernooie van die Internasionale Krieketraad (ICC) te kwalifiseer. Ons wil ook die nasionale spelers sodanig ontwikkel dat hulle goed genoeg is om kontrakte in T20-ligas oral ter wêreld te beklink.”
Die afrigter sê dit is belangrik om die liefde vir krieket deur massa-deelname onder jong meisies te kweek, sodat hulle van krieket met ’n sagte bal na volwaardige hardebalkrieket kan aanbeweeg.
Krieket Namibië sê in die verklaring hy het vertroue in Van der Merwe se aanstelling as nasionale afrigter en het geloof dat meisies- en vrouekrieket in die land ’n beduidende oplewing sal toon.
Van der Merwe het sedert sy aankoms reeds oefensessies met die nasionale oefengroep gehad. Die vrouespan het verlede jaar ’n vergeefse aanslag geloods om vir die T20 Wêreldbekertoernooi te kwalifiseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie