Vrouespan in opwarmreeks teen Zambië

Afrigter Erwin Handura se vroue berei voor op hul veldtog vir Olimpiese kwalifisering.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Namibië se senior vrouehokkiespan takel die besoekende Zambië in 'n reeks van drie toetse in Windhoek komende naweek.

Standard Bank Namibia is met $52 500 die hoofborg vir die reeks.

Dit word gespeel op die Davin Trustco-hokkiebaan by Windhoek Hoërskool, met die eerste twee toetse Saterdag en Sondag (beide dae om 17:00), voor die laaste toets Maandag om 09:00 begin.

Volgens die nasionale afrigter, Erwin Handura, is die Zambië-reeks 'n belangrike voorbereiding vir die Olimpiese kwalifiserende toernooi van 19 tot 27 Junie in Valencia, Spanje.

In Valencia sal Namibië teen van die wêreld se topspanne soos Spanje, Belo-Rusland, Italië, Kanada, Suid-Afrika, Thailand en Wallis opgeweeg word, met twee Olimpiese plekke op die spel. 'n Tweede kans vir Olimpiese kwalifisering sal in Augustus by die Afrika-kampioenskap voorlê.

“Die reeks teen Zambië is van kritieke belang vir ons voorbereiding vir die Olimpiese uitduntoernooi. Ons is reeds sedert die Onafhanklikheidsnaweek in 'n oefenkamp en is baie dankbaar teenoor Standard Bank vir hul ondersteuning,” het hy gesê.

Namibië sal die reeks as die gunsteling begin, hoewel Zambië sterk opposisie behoort te bied.

Die twee vrouespanne het laas in Desember tydens 'n toernooi in Zimbabwe ontmoet, waar Namibië die toernooi gewen het nadat hulle Zambië met 3-0 en daarna vir Zimbabwe in die eindstryd met 1-0 geklop het.

Dit het tot gevolg gehad dat Namibië 18 plekke op die wêreldranglys tot 42ste geklim het. Dit plaas hulle derde in Afrika ná Suid-Afrika (15de ter wêreld) en Ghana (32ste).

Zambië volg 30 plekke ná Namibië in die 72ste posisie ter wêreld en negende in Afrika.

Handura sê egter die Namibiërs verwag 'n taai reeks.

“Zambië het 'n jong, ontluikende span; hulle is fiks en deins nie terug vir fisieke spel nie. Hulle het 'n sterk liga met agt spanne, dus ons kan 'n harde kompetisie verwag. In die laaste ontmoeting het ons hulle geklop, maar Zambië het ook met Zimbabwe afgereken. Ons kan hulle dus nie onderskat nie,” het hy gesê.

Namibië se mees ervare internasionale hokkiespeler, Maggy Mengo, is weer die spankaptein, met nog van haar spanmaats wat Namibië by die 2018 Binnenshuise Wêreldbeker verteenwoordig het, soos beide doelwagters Petro Stoffberg en Berencia Diamond, Gillian Hermanus, Sunelle Ludwig en Kiana Cormack, algehele voorste doelskieter in die toernooi.

Benewens die kerngroep is daar ook ontluikende talent soos Celé Wessels, Tara Myburgh en Danja Meyer wat verlede jaar by die 2018 Olimpiese Jeugspele in Argentinië gespeel het.

Die Namibiese spelersgroep: Maggy Mengo (kaptein), Petro Stoffberg (doelwagter), Sunelle Ludwig, Duré Boshoff, Zaan-Marie Niemand, Jahntwa Kruger, Celé Wessels, Danja Meyer, Tara Myburgh, Jerrica Cormack, Gillian Hermanus, Kiana-Ché Cormack, Berencia Diamond, Emilia Kashopola, Amber Dercksen, Joané van Rooyen en Jivanka Kruger.

Die afrigterspan is Erwin Handura en Randy Slabbert (hulpafrigter), bygestaan deur dr. Rachel Freeman (spanbestuurder), Manuel Carballo (fiksheidsafrigter) en Maryke Short (video-ontleder).

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!