Vrouespan herstel ná Zim-nederlaag

Rugby
Andrew Poolman
Namibië se vrouesewesrugbyspan, geborg deur NamDia, het tweede geëindig in die Suider-Afrikastreek se pre-kwalifiserende toernooi in Maseru, Lesotho.
Die toernooiwenner Zimbabwe was egter die enigste wat na die kontinentale byeenkoms deurgedring wat die vasteland se verteenwoordiger by die Wêreldbeker-sewestoernooi en die Statebondspele sal bepaal.
Vandag het die Namibiërs, met Euodia Bassingthwaighte as kaptein en CJ Kotzé as afrigter, met 12-10 teen Botswana gewen en met 38-5 teen die gasheerspan Lesotho gewen, nadat hulle Saterdag hul openingswedstryd teen Zimbabwe met 0-39 verloor en daarna vir Mauritius met 17-10 geklop het.
Die uitslag teen Botswana is aanvanklik as ’n gelykoptelling van 10-10 deurgegee, totdat ’n meningsverskil opgeklaar is dat Namibië se laaste doelskop wel oor was.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer