Vrouespan domineer T20-toernooi
Afrigter Christopher Coombe sê die spangees om vir mekaar te werk, was die groot faktor in hul sukses.
Tielman van Lill - Namibië se nasionale vrouekrieketspan het die afgelope week nie nonsens gevat van Botswana, Sierra Leone, Mosambiek, Malawi of Lesotho by die internasionale T20-toernooi wat deur die Botswana Krieketvereniging in Gaborone aangebied was nie en het as kampioen uit die stryd getree.
Die geleentheid was betekenisvol as die eerste keer vir die betrokke vrouespanne om punte op die wêreldranglys te kon verdien.
Zambië het ook aan die kampioenskap deelgeneem, maar weens die gebruik van ’n speler van Botswana tel net die uitslae van eersgenoemde lande vir die T20-ranglyspunte van die Internasionale Krieketraad.
Namibië het al sy wedstryde gewen om eerste met tien punte te eindig en hul netto kolftempo was ’n ongehoorde 5.68.
Sierra Leone eindig danksy ’n sege op die laaste dag in die tweede plek met agt punte (netto 1.03). Derde is Botswana met ses punte, ondanks ’n sterk netto kolftempo van 2.18.
Vir Mosambiek (vierde), Malawi (vyfde) en Lesotho (sesde) het sake nie te goed by die kampioenskap verloop nie.
Die Namibiese vroue onder afrigterskap van Christopher Coombe het verskeie internasionale T20-rekords opgestel en trofees by die toernooi opgeraap. In hul vier wedstryde behaal die Namibiërs 374 lopies in 38.5 boulbeurte teen 9.7 lopies per boulbeurt en staan slegs 191 lopies in 80 boulbeurte (2.38 per beurt) af.
Botswana met 490 en Sierra Leone met 448 het wel meer lopies opgestapel, maar het onderskeidelik 71.7 en 78.3 boulbeurte kolfkans gehad. In die lopiekolom teen Botswana is 307 en teen Sierra Leone 391 lopies in 79.8 en 71.2 boulbeurte aangeteken.
In die laaste botsing teen Sierra Leone word Yasmeen Khan, kaptein van Namibië, met haar bydrae van 37 lopies as speler van die wedstryd aangewys.
Die kersie op die koek vir die Namibiërs is dat Adri van der Merwe as speler van die toernooi aangewys is. Namusha Shiomwenyo is die mees belowende bouler van die toernooi en staan net 32 lopies in haar 21 boulbeurte af.
“Al wat ek kan sê, is dat ons as span die laaste paar maande deur verskeie uitdagings moes werk, maar ons het aangehou. Die spelers se toewyding het ons gebring waar ons op die oomblik is, maar die harde werk begin nou eers,” sê afrigter Christopher Coombe.
“Die feit dat al die spelers vir mekaar gespeel het, het die grootste bydrae tot ons sukses in die toernooi gelewer. Ek sien baie uit na wat vir hierdie jong vrouespan voorlê.”
NAMIBIë SE UITSLAE
20 Augustus. Namibië klop Malawi met nege paaltjies nadat dié net 53/8 in 20 boulbeurte kon aanteken en Namibië met 54/1 in 5.2 bb antwoord. Kayleen Green neem as bouler 3/11 in 4 bb en Yasmeen Khan behaal 23 lopies nie uit nie van 24 balle.
21 Augustus. Sierra Leone plaas 83/7 (20 bb) op die telbord, maar Namibië behaal blitsig 84/3 in 11.1 bb om met sewe paaltjies te seëvier. Wilka Mwaaite neem 2/15 in 4 bb vir Namibië en Adri van der Merwe slaan 28 nie uit nie van 28 aflewerings, wat vier grenshoue insluit.
23 Augustus. Mosambiek (25 almal uit) kan as kolfspan ook nie die pyp teen Namibië se giftige boulaanslag rook nie. Die vroue gebruik ’n skamele 2.1 boulbeurt vir sy 26 lopies om die kragmeting met tien paaltjies te wen. Silvia Shihepo (3/11) en Shiomwenyo Namusha (3/6) was die wenspan se gevaarlikste boulers, terwyl Yasmeen Khan 21 lopies van tien balle moker.
23 Augustus. Namibië kry vir die eerste keer die kans om eerste te kolf en slaan ’n dominerende 210/5 in 20 bb, waarop Lesotho met ’n skamele 31/7 in 20 bb antwoord. Namibië wen die wedstryd met 179 lopies, met Yasmeen Khan (61 van 33 balle, 11x4) en Adri van der Merwe (57 van 48 balle, 7x4) as sy grootste lopievrate. Kayleen Green (2/5) en Reehana Khan (2/10) skitter opnuut met die bal.
24 Augustus. Teen Botswana kolf die Namibiërs weer tweede, maar beperk die gasheerspan tot ’n haalbare 93/4 in 20 bb en antwoord binne 16.1 bb met 94/4 om die tweestryd met ses paaltjies te oorheers. As bouler toon Sylvia Shihepo (5/23 in 4 bb) die meeste deurdringingsvermoë, met Namusha Shiomwenyo (1/6 in 4 bb) wat goed ondersteun. Met die kolf is Adri van der Merwe (28 van 39 balle, 2x4) weer ’n staatmaker en Wilka Mwaaite (25 van 30 balle, 4x4) help ook die oorwinning aan.
25 Augustus. Sierra Leone (80/4 in 20 bb) stap eerste op die veld, maar kan in Namibië se kolfbeurt van 81 lopies in 11.1 bb net een paaltjie plattrek. Namibië oorheers opnuut in sy laaste botsing met nege paaltjies waar Sylvia Shihepo, Arrasta Diergaardt en Kayleen Green elk ’n paaltjie neem. Net Yasmeen Khan (37 van 38 balle, 6x4) en Adri van der Merwe (26 van 28 balle, 3x4) asook 18 ekstras is genoeg vir ’n oorwinning.
Verskeie internasionale rekords in T20-vrouekrieket is volgens Coombe deur die Namibiese span opgeteken:
• Grootste oorwinning, met 179 lopies (voorheen deur Pakistan gehou).
• Grootste oorwinning met tien paaltjies (voorheen Engeland).
• Meeste boulbeurte wat oorbly (17.5) toe ’n wenteiken behaal is (voorheen Skotland).
• Opponente vir laagste telling uitgehaal, 25 (voorheen Indië).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie