Vrouespan bly op wenpad
Krieket
Andrew Poolman – Die Capricorn Eagles het gewys hoekom hulle as 'n gevaarlike buiteperd by die Internasionale Krieketraad se kontinentale kwalifiserende toernooi vir die T20 Wêreldbeker beskou word.
Die Namibiese vrouespan het gister in Gaborone hul derde opeenvolgende wedstryd gewen om sodoende op koers te bly vir die enkele groot prys wat op die spel staan.
Net een van die elf deelnemende spanne sal tot die latere wêreldwye uitduntoernooi deurdring. Afrigter Francois van der Merwe se span is ná drie wedstryde op koers as voorloper in groep B, met 'n foutlose ses punte ná drie wedstryde, wat reeds 'n oorwinning oor die hoofopposisie Uganda insluit. Gister het die Namibiërs vir Sierra Leone met 57 lopies oorheers. 'n Vyftigtal deur Suné Wittmann (52 van 43 balle, vier viere, drie sesse) het die weg gebaan vir 'n stewige totaal van 144/6.
Haar aanvangsvennootskap met Adri van der Merwe (24 van 25 balle, 3x4) het die span tot 57/1 gevoer voor laasgenoemde ná 8.6 boulbeurte uitgevang is.
Yasmeen Khan (7), Kayleen Green (12) en Wilka Mwatile (5) het nie waffers aan die gang gekom nie, maar Jurriene Diergaardt het die eindpoging gelewer met 31 nie uit nie van 21 balle (3x4).
Sierra Leone se beste vennootskap was 26 om die eerste paaltjie, maar die ganse span is tot 87/9 in 20 boulbeurte beperk.
Yasmeen Khan het puik geboul (3/10 in 4 bb), tesame met Sylvia Shihepo (2/13 in 4), en Suné Wittmann (1/14 in 4). Namibië se laaste groepwedstryd is vandag vanaf 14:30 teen Kameroen (nul uit twee gewen).
• In groep A is Zimbabwe die toonaangewende span met vier uit vier gewen (agt punte), gevolg deur Rwanda, Tanzanië en Botswana wat elk twee uit drie gewen het (vier punte).
Die semifinale is vir Vrydag geskeduleer en die eindstryd Sondagmiddag.
FOTO
Suné Wittmann

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie