Vrouerugby verrys uit die stof
Vrouerugby verrys uit die stof

Vrouerugby verrys uit die stof

Rugby
Rugby Afrika se laaste vrouerugbytoets vir die jaar sal op 13 November in die Hage Geingob-stadion in Windhoek tussen Namibië en Zambië plaasvind.

Namibië se laaste internasionale vrouewedstryd was lang jare gelede – toe Geraldine Louw se spannetjie in 2014 teen Botswana in Windhoek gewen het. Sedertdien was daar niks meer as sporadiese deelname aan sewestoernooie met min hoop vir kwalifisering vir groter byeenkomste – hoewel betekenisvolle grondwerk vanjaar gedoen is om die vrouesport tot sy reg te bring.

Die komende toets op 13 November sal die laaste van 15 toetse wees waaraan elf Afrika-lande deelneem om die standaard van vrouerugby op die kontinent te bepaal. Volgende jaar sal ’n nuwe kompetisie vir Afrika die lig sien, waar vrouespanne die geleentheid het om vir Wêreldrugby se nuwe WXV-kompetisie te kwalifiseer.

In Junie en Julie het Kenia en Madagaskar twee keer in Nairobi teen mekaar gespeel, terwyl Uganda vir Zimbabwe by twee geleenthede in Kampala ontvang het. Kameroen het Burkina Faso twee keer ontmoet vir seges in Ouagadougou ontmoet. Tunisië was die wenner in ’n toernooi waar hulle teen Senegal en Ivoorkus in Tunis geseëvier het.

Christel (CJ) Kotzé, onlangs aangestel as afrigter van Namibië se nasionale vrouespan, sê: “Ons is in ekstase oor die wedstryd teen Zambië wat voorlê. Dis die begin van ’n opwindende reis vir Namibiese vrouerugby en ek is verheug dat ons eerste wedstryd tuis gespeel sal word.

“Zambië is beslis meer aktief as ons en ek weet hulle het enkele maande gelede teen Zimbabwe gespeel. Ek kan nie ’n uitslag voorspel nie, maar ten minste sal ons veel beter weet waar Namibiese vrouerugby staan sodra die eindfluitjie blaas. Dit sal ons ervaring begin opbou en behoort ons genoegsame insig te gee oor wat ons moet doen om Namibië ’n mededingende span op die Afrika-vasteland te maak.”

Kotzé sê sy het die afgelope twee weke gewerk met ’n groep van 35 spelers, wat uit vanjaar se vroueliga gekies is. Ses klubs, naamlik Wanderers, Kudus, Rehoboth, Okahandja, Unam en Grootfontein, het vanjaar in sowel ’n 15-liga as in drie tien-aan-’n-kanttoernooie meegeding.

“Ons het nog ’n paar oefensessies oor, insluitende komende Saterdag wanneer ons ook ’n interne wedstryd sal speel om die spelers deur te kyk vir die finale 23-tal wat volgende week aangekondig sal word. ’n Ervare afrigter soos Jood Opperman help ook met ons voorbereiding,” het Kotzé gesê.

Janis Nduli, voorsitter van die Zambië Vrouerugbyvereniging, voel optimisties: “Die nasionale vrouespan wat tans 30ste in die wêreld is, is gerat om hulself teen Namibië te bewys wat 52ste is. Ons reken op kaptein Natasha Musonda en ons vreeslose span, insluitend die formidabele Margaret Kasonka, om ’n goeie vertoning teen ons gasheer te lewer.”

Oor die laaste wedstryd van die seisoen en die impak van vrouerugbyontwikkeling het Rugby Afrika se bestuurder vir vrouerugby, Maha Zaoui, gesê: “Die bevordering van vroue in rugby op alle vlakke sal lei tot aansienlik verhoogde betrokkenheid en belangstelling van ondersteuners, spelers en uiteindelik beleggers.

“Met hierdie toernooi beoog ons om die sport te laat groei met die fokus op ontwikkeling vir vroue en meisies. Vrouerugby het beslis vooruitgegaan en ’n lang pad gevorder, maar daar is steeds ruimte vir die verbetering van die vroue se talent.”

In Afrika het vrouerugby geweldige groei beleef. Oor die afgelope dekade het dit van 50 000 spelers in 2012 tot meer as 260 000 in 2018 toegeneem. Sterk leierskap en die Women’s Executive Leadership-beursprogram kan verdere ontwikkeling stimuleer.

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.9 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.21 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.24/OZ DOWN -0.0028 | Copper US$ 4.90/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 982.00/T DOWN -0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.17/BBP DOWN -0.0012 | Platinum US$ 1 070.23/OZ UP +0.03% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.9 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.21 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.24/OZ DOWN -0.0028 | Copper US$ 4.90/lb UP +0.02% | Zinc US$ 2 982.00/T DOWN -0.05% | Brent Crude Oil US$ 83.17/BBP DOWN -0.0012 | Platinum US$ 1 070.23/OZ UP +0.03%