Vroue, vrede en veiligheid

Plan van aksie bekend gestel

20 June 2019 | Ministeries
Augetto Graig - Die nasionale plan van aksie vir 2019 tot 2024 vir vroue, vrede en veiligheid is gister amptelik in Windhoek van stapel gestuur.

Dít met ’n indrukwekkende parade by die Tobias Hainyeko- militêre basis in Suiderhof.

Vroulike lede van die Namibiese weermag, lugmag, vloot, polisiemag en gevangenisdienste het trots en in gelid parade gehou – uitgerus in onberispelik netjiese uniforms.

Me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, was die hoofspreker by die geleentheid.

Sy het Namibië se leidende rol beklemtoon in die bevordering van vroue in veiligheid en wêreldvrede.

Die minister het van die geleentheid gebruik gemaak om die vestiging van ’n internasionale vroue-vredesentrum in Windhoek aan te kondig.

Vroue wat op vredesendings gestuur word, sal eers opleiding by die sentrum ontvang, wat volgens plan sy deure in 2020 sal oopmaak – 20 jaar ná die Verenigde Nasies (VN) onder die voorsitterskap van Namibië resolusie 1325 oor vroue in konflik- en postkonfliksituasies aangeneem het.

Sedert 2015 het Namibië die voortou geneem in die betrokkenheid van vroue in internasionale vredesendings, met Namibiese sendings waarvan 29% uit vroue bestaan.

Nandi-Ndaitwah sê 23% van alle NDF-lede is vroue – die hoogste persentasie van alle Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap(SADC)-lidlande.

Namibië het ook vroue, vrede en veiligheid as voortdurende item op die agenda van die SADC se afdeling vir verdediging en sekuriteit laat plaas.

Besprekings van jeugdeelname en die bepreking van toegang tot wapens is ook voorgestel, het sy gesê.

“Namibië het sy politieke wil getoon om geslagsgelykheid te skep, alle geslagte by die hoofstroom in die veiligheidsektor in te sluit en geslagsgeweld te voorkom,” het sy gesê.

“Vroue is van kardinale belang in die vredesproses,” het Nandi-Ndaitwah gesê.

Sy het bygevoeg die nasionale plan van aksie sal pogings versterk om vroue se deelname in vredesonderhandelinge, bemiddeling, die bou van vrede en die staat te verseker.

Nandi-Ndaitwah het die bydrae van Kolonel Elizabeth Mboti tot Namibië se prestasies op internasionale vredesmissies uitgesonder.

Onder meer het adj.komm Laudika Abraham van Nampol, ’n prominente vrouefiguur in vredesendings, die adjunk- eerste minister op die paradegrond verwelkom.

Abraham het gesê: “As Namibiërs is ons trots op hierdie plan van aksie. Vroue is agente van verandering en konflikoplossing. Vroue is goeie bemiddelaars. Ná landswye beraadslaging bring ons die plan nou tot op voetsoolvlak.

“Dit bevat vier pilare: Deelname, voorkoming en bewaring, bevordering en ramprisikobestuur. Ons spreek die kwessie van geslagsverteenwoordiging aan, met 50/50-verteenwoordiging, en daar is ’n element van evaluering en waarneming om te sien waar ons nog kan verbeter,” het sy gesê.

Soortgelyk

 

Hof toe oor ECN se bedankingsvereiste

8 ure gelede | Howe

Die Opuwo streeksraadslid en lid van die PDM, mnr. Kazeongere Tjeundo (foto), bring vanmiddag 'n dringende aansoek in die hoërhof in 'n poging om in...

Varser brood is daar nie

21 ure gelede | Byvoegsels

Tanja Bause – Elke dag om 09:00 klim Dawid Rooi op sy rooi fiets en laai varsgebakte brood op Gibeon af. Die wit- en bruinbrode...

Tropiese stelsel bring vog vir Noordooste

21 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - ’n Tropiese vogstelsel kan vir bykans die res van die week reën na die noordooste van die land bring. Dit sal egter...

Verkragting: 651 mans agter tralies

21 ure gelede | Misdaad

Jana-Mari Smith – Terwyl ’n epidemie van geweld teen vroue en kinders in Namibië woed, is 651 mans en twee vroue in die tronk vir...

One jump at a time

21 ure gelede | Mense

Elizabeth JosephEmmanuel Anana Samuntu is a 19-year-old high jumper with a personal best of 2.12m.He also has a long jump personal best of 7.27m. He...

Weer, Dinsdag 12 November 2019

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met ‘n paar donderbuie in die noordooste. Geïsoleerde donderbuie word in die Zambezistreek verwag. In die...

Bek-en-klouseer: Verbod op SA-invoere geld steeds

21 ure gelede | Landbou

Elvira Hattingh - Die Namibiese direktoraat veeartsenydienste (DVS) sê die verbod op invoere van vleis en vleisprodukte van Suid-Afrika af staan steeds, soos ingestel tydens...

Stukkie paradys padlangs

21 ure gelede | Byvoegsels

Tanja Bause - Langs die B1-hoofweg by Mariental lê ’n stukkie paradys. Die Padlangs-padstal, wat in November verlede jaar sy deure oopgemaak het, is nie...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

21 ure gelede | Politiek

Esther Utjiua MuinjangueNational Unity Democratic Organisation (Nudo)Esther Utjiua Muinjangwe, die leier van Nudo, is die eerste vroulike leier van ‘n politieke party in Namibië en...