Vroue mars op teen ongelykheid
‘n Grootskaalse beweging van vroue het die afgelope naweek betoog om hul ontevredenheid met die behandeling van vroue uit te druk.
Duisende mense het Sondag in ‘n voetbalstadion in Las Vegas aan die einde van ‘n naweek van wêreldwye betogings vergader.
Die betogings was gemik op die bevordering van gelykheid en geregtigheid en om ‘n einde aan seksuele teistering te maak.
Ná die optogte, wat een jaar ná pres. Donald Trump se inhuldiging groot skares dwarsoor Amerika gelok het, het betogers Sondag op verskeie vastelande in stede soos Londen, Parys, Sydney, Madrid en Buenos Aires byeengekom.
Tydens die Las Vegas-byeenkoms is ‘n projek bekend gestel wat beoog om een miljoen kiesers in “swaaistate” (waar uitslae na die een óf die ander kant kan swaai) soos Nevada voor die middeltermyn- Amerikaanse verkiesings later vanjaar te laat registreer.
Die organiseerders beplan soortgelyke geleenthede in Pennsylvania, Ohio en Texas.
Dié betogings kom in ‘n tyd waar baie mans in Hollywood, die media en ander bedrywe rekenskap moet gee oor seksuele wangedrag en ongelykheid in die algemeen, nadat al meer vroue daaroor begin praat het.
Baie van die betogers het nie net vroueregte ondersteun nie, maar veroordeel ook Trump se sienings oor kwessies soos immigrasie, aborsie en die regte van die LGBT-gemeenskap.
Trump verwerp beweringe dat sy presidensie vroue sleg behandel.
Hy het Saterdag getwiet dit is “’n perfekte dag” vir vroue om op te mars om “die ekonomiese sukses en welvaartskepping” van sy eerste jaar in die Withuis te vier. – Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie