Vroue, kinders bloei in Namibiu00eb
Vroue, kinders bloei in Namibiu00eb

Vroue, kinders bloei in Namibië

Jo-Mare Duddy Booysen
Jo-Maré Duddy



Diep wonde, gebreekte bene én tande – dís een uit elke vier getroude vroue in Namibië se beserings ná hul mans hulle onsedelik aangerand het.

Sowat 24% doen snye, kneusings, oogbeserings, verstuitings, ontwrigtings en brandwonde tydens soortgelyke aanrandings op.

Dié syfers is vervat in 'n 2013-opname deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) en die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste. Fokus het op dié studie geval ná die Instituut van Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) verlede week 'n verslag oor geslagsgeweld in die land uitgereik het waarin hulle opnuut vir 'n omvattende gesprek oor dié euwel vra.

Die beskikbaarheid van tydige en breedvoerige data oor die omvang van geslagsgeweld is uiters noodsaaklik, sê die IPPR.



Verkragting

In sy 2017-jaarverslag sê die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) gemiddeld twee kinders jonger as agt word weekliks deur maatskaplike werkers by die polisie se beskermingseenheid teen geslagsgeweld in Windhoek hanteer.

Een uit elke vier kinders van skoolgaande ouderdom is die slagoffer van onsedelike geweld.

Die Regshulpsentrum (LAC) het verlede jaar 'n ontleding oor geslag in Namibië vir die Europese Unie (EU) gedoen waarin polisiestatistiek van 2003 tot 2015 aangehaal word. Hiervolgens word meer as 1 000 mense, meestal vroue, jaarliks in die land verkrag. Dit is gemiddeld bykans drie mense elke dag.

Sowat 41% van alle verkragtings wat van 2003 tot 2012 aangemeld is, was kinderverkragtings. In dieselfde tydperk was kinders onder 18 die slagoffers van gemiddeld 35% van alle verkragtings, pogings tot verkragting en aanranding met die doel om te verkrag, volgens die LAC.

Luidens polisiestatistiek was gemiddeld 39% van alle verkragtings van 2004 tot 2012 kinderslagoffers.

Die laaste omvattende studie van verkragtingsake in Namibië is in 2006 gedoen, sê die LAC.

Dit het bevind net 40% van sake wat by dié studie ingesluit is, het die volle regsproses voltooi. 'n Derde van die klaers het hul sake teruggetrek.

Net 16% van beskuldigdes in sake van verkragting en poging tot verkragting is skuldig bevind.

Die NSA se 2013-studie toon 31% van vroue van 15 tot 49 jaar in stede en 32% op die platteland was aan geweld onderworpe. Bykans 32% was werkloos en amper 43% het geen onderrig ontvang nie.

Die helfte is deur hul mans of metgeselle aangerand, terwyl eksmans of –kêrels in bykans 20% van alle voorvalle die aanvallers is. Die prentjie vir verkragting lyk min of meer dieselfde.

Sowat 10% se mans of lewensmaats slaan hulle dikwels of soms met die vuis of ander voorwerpe. Ses persent word dikwels of soms gedwing om seks te hê.

Bykans 68% van vroue wat die slagoffer van fisieke en onsedelike geweld is, vrees die man in hul lewe die meeste van die tyd.

Sowat 28% van mans of metgeselle wat hul vroue aan fisieke en seksuele geweld onderwerp, het net laerskool voltooi. Bykans 12% beskik oor meer as sekondêre onderrig.

Bykans 53% van mans is baie dikwels dronk, terwyl 15% glad nie drink nie.

Volgens die LAC blyk die politieke wil om geslagsgeweld te bekamp duidelik uit vele toesprake, konferensies en planne wat op dié kwessie fokus. Implementering bly egter steeds agterweë.

“Die meeste (mense) sal saamstem geen beduidende vooruitgang is in die voorkoming of vermindering van geslagsgeweld gemaak nie en die regering se reaksie op slagoffers is steeds onvoldoende,” sê die LAC.

In Februarie 2014 het die kabinet 14 aanbevelings oor geslagsgeweld gemaak. Die meeste is volgens die LAC nie geïmplementeer nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.92/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 910.95/OZ DOWN -0.0054 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.40/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.92/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 910.95/OZ DOWN -0.0054