Vroue beter ná Williams se doepa
Krieket
Krieket Namibië bied sedert Maandag by die JC Sports binnenshuise krieketfasiliteit 'n oefenkamp vir die nasionale vrouekrieketspan aan.
Die oefenkamp sal môre tot 'n einde kom vir die 14 topvroue wat vir vyf dae die geleentheid gehad het om by die Eagles-kolwer Craig Williams se JC Sports-sentrum aan hul vaardighede te slyp.
Die oefengroep bestaan uit spelers van Windhoek en die kus.
Verrigtinge het onder die wakende oog van Francois van der Merwe, hoofafrigter van die vrouespan, geskied.
Die vroue het aandag aan vele aspekte van die spel geskenk. Behalwe tegniese punte is ook aan hul sielkundige taaiheid gewerk.
Van der Merwe sê hy is hoogs tevrede met sy groep en vordering wat gemaak is.
“Ons is baie gelukkig dat die groep te midde van die huidige Covid-19-beperkings kan oefen. Boonop met die reënweer was omstandighede ideaal om by die JC Sports-sentrun te kon oefen. Die vroue begin die bal harder slaan en boul ook vinniger. Dit was lekker om ook die gesoute Williams as 'n raadgewer te hê, wat die vroue met raad en daad bygestaan het.
“Om al 14 spelers vir die eerste keer saam as 'n oefengroep bymekaar te hê, was wonderlik. Ons glo die 14 beste vroue op die oomblik in die land is gekies om Namibië te verteenwoordig,” het Van der Merwe gesê.
Die oefengroep is: Irené van Zyl (kaptein), Yasmeen Khan (paaltjiewagter), Adri van der Merwe, Kayleen Green, Suné Wittmann, Sylvia Shihepo, Arassta Diergaardt, Wilka Mwatile, Mekelanye Mwatile, Reehana Khan, Shiomwenyo Namusha, Didi Foerster, Victoria Hamunyela, Phia Gerber.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie