Vrou wreed by kruising aangerand
''n Inwoner van Windhoek is genadeloos deur vier mans tydens spitstyd in Windhoek aangerand.
Henriette Lamprecht - ''n Vrou is Woensdag tydens spitsverkeer in die hoofstad aan haar hare uit haar motor gepluk en deur vier mans met met ''n knuppel en vuiste geslaan en geskop. Haar juwele is van haar afgeruk, terwyl haar selfoon voor haar neergegooi en stukkend getrap is.
Die 36-jarige me. Sonja van der Merwe se nagmerrie-ondervinding het op die hoek van Robert Mugabe-rylaan en Kenneth Kauanda-straat plaasgevind terwyl sy by ''n rooi verkeerslig sit en wag het.
Volgens haar pa, mnr. Dougie van der Merwe, is sy dogter wat by hulle woon, gewoonlik teen half vyf tuis. Teen 18:00 het haar ouers onrustig begin raak en haar gebel. Hulle kon haar egter nie op haar selfoon bereik nie.
"Ons het verskeie van haar vriende en kollegas gebel, maar niemand het geweet waar sy is nie. Haar werk het bevestig dat sy lankal reeds huis toe is."
Teen 18:30 het een van haar kollegas laat weet Sonja het by sy huis opgedaag en sy is "pap geslaan".
Haar ouers het hulle daarheen gehaas en hul erg beseerde dogter hospitaal toe geneem.
Volgens Dougie het Sonja vertel vier mans het haar motor se deure by die robot oopgeruk. Een van die vier het haar aan haar hare uitgepluk, terwyl haar selfoon voor haar op die teerpad gegooi en stukkend getrap is. Die mans het haar met ''n knuppel en vuiste geslaan en ook herhaaldelik geskop waar sy gelê het. Haar oorbelle is uit haar ore geruk, terwyl ander juweliersware ook van haar afgeruk is.
"Sonja kon daarin slaag om hulle weg te skop, op te spring en in die motor te kom en met oop deure weg te jaag."
Volgens Dougie is sy dogter se oë "twee swart gate" geswel en geslaan, hang daar ''n ”reusesak" onder haar ken en keel en is haar gesig blou.
"Sy het orals blou kolle soos sy geslaan is, haar hand en knie is ook stukkend. Soos sy met die knuppel op onder meer haar kakebeen geslaan is, het ons vermoed haar kakebeen is gebreek. Sy is ook op haar ribbes geslaan."
Volgens Dougie het hulle nie ''n saak by die polisie aanhangig gemaak nie.
"Sonja was die aand van die voorval so deurmekaar en het baie onsamehangend gepraat, ons wou haar nie toe ook nog polisie toe vat nie. Wat help dit ''n elk geval jy maak ''n saak, daar gaan niks van kom nie."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie