Vrou verloor haar lewe ná geveg oor drinkwater
Augetto Graig
'n Bakleiery tussen 'n vroulike konstruksiewerker en 'n sekuriteitswag by die massabehuisingsprojek by die DRC-nedersetting op Swakopmund oor toegang tot drinkwater, het tot haar dood gelei.
Volgens die polisie se misdaadverslag het die stryery verlede Woensdagmiddag gelei tot 'n geveg waartydens me. Susanna Hans (41) na bewering grond toe gestoot is en haar arms vasgehou is. Die stryery was volgens die polisie glo weens haar gebruik van 'n openbare kraan om water te tap.
Toe die bestuurder van die bouprojek opdaag, het Hans hom vertel dat die sekuriteitsbeampte haar geslaan het. Net daarna het sy omgeval. Sy is onmiddellik na die Swakopmund-staatshospitaal geneem, maar is Donderdag per ambulans na Windhoek oorgeplaas. Sy het tydens die rit gesterf.
Die 32-jarige verdagte is in hegtenis geneem en het Maandag in die landdroshof op Swakopmund verskyn.
Verder is 'n 9-jarige meisie Donderdag deur 'n 15-jarige seun by die Nkata-nedersetting in die Kavango-Wesstreek verkrag. 'n Klag van verkragting is ook teen 'n 49-jarige man by die Nyikama-nedersetting in dieselfde streek by die polisie ingedien. Die man is aangekla omdat hy na bewering 'n 10-jarige meisie by verskeie geleenthede seksueel aangerand het. Beide dié beskuldigdes het Maandag in die landdroshof op Rundu hul eerste verskyning gemaak.
Die polisiebeamptes van die Kuisebmond-polisiekantoor het ook laat weet van 'n klag van verkragting deur 'n 42-jarige vrou teen 'n onbekende man wat haar vroeg Saterdagoggend glo verkrag het. Die slagoffer het huis toe gestap toe die man haar by die perseel van 'n onvoltooide bouprojek aan die nek gegryp het. Hy het haar by die erf ingesleep en daar verkrag. Hy het haar ook van haar beursie met haar persoonlike dokumente beroof. Die beursie is later in 'n taxi in die Kuisebmond-gebied gevind.
By die Usab-nedersetting buite Karibib is 'n 28-jarige vrou Saterdagnag deur twee mans verkrag. Dit word beweer die drie het saam by 'n sjebeen gedrink voor die mans haar na 'n verlate huis gedwing en om die beurt seksueel aangerand het. Hulle het ook 'n man wat haar probeer red het, aangerand. Die twee verdagtes van 28 jaar en 42 jaar het Maandag in die landdroshof op Karibib op klagte van verkragting en aanranding verskyn.
In nóg 'n voorval is 'n 16-jarige meisie by die Ohadiwa-Onamukulo-nedersetting in die Ohangwenastreek Donderdag verkrag. Dié verdagte sou Maandag in die landdroshof op Eenhana verskyn het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie